Leesplan inligting

Here, Ek Wil Hoor!Voorbeeld

Here, Ek Wil Hoor!

DAG 7 VAN 7

DAG 7 God praat deur sy Seun

"Daar het toe ‘n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar ‘n stem gekom: 'Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom'” (Markus 9:7).

My ouers het vir my uit die Bybel gelees vandat ek kan onthou. My mooiste en kragtigste herinneringe is die stem van my ma terwyl sy vir my Bybelstories lees. Soos ek ouer geword het, het my pa ons almal rondom die tafel laat sit en dan het hy vir ons uit die Bybel gelees. Dit is nou al jare later en nog steeds leer ek nuwe lesse uit die Bybelverhale of daar is ‘n vers wat my op ‘n spesifieke tyd bemoedig.

Ons hoor so dikwels mense sê die stories in die Ou Testament kan nie almal waar wees nie. Dis net fiksie. Maar dit is nie so nie. As jy mooi lees, sal jy sien dat amper alle gebeure vir ons ‘n heenwyse is na Jesus Christus se koms in die Nuwe Testament. Ek dink sommer nou aan die storie van Rut in die Bybel.

Naomie en haar skoondogter Rut het in Boas ‘n bemiddelaar gevind wat hulle nood raakgesien het en wat in hul plek die kwessie van met wie Rut moet trou, uitgesorteer het. Boas is vir ons ‘n heenwyse na Jesus Christus wat later sou kom en wat as Middelaar vir die hele mensdom sou optree. Hy het al ons sonde op Hom geneem, sodat ons vandag vry kan leef.

Hoor wat staan in Hebreërs 1: 2: “Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy (God) met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.” Die dissipels en ook ander mense was ooggetuies dat Jesus uit die dood opgestaan het en dat Hy leef! Hulle kon sien en glo.

Vandag het ons God se Gees wat binne-in ons woon en Hy bou voort op dit wat Jesus kom leer het toe Hy op die aarde was. Ons het dus eerstehandse kennis van Jesus! Hebreërs 2:1 sê: “Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.”

Ek hoop jy luister, want God praat deur sy Seun met jou!

Gebed: My Hemelvader, baie dankie dat U ook met my praat deur u Seun Jesus Christus. Dankie Jesus dat U vir my die perfekte voorbeeld was terwyl U op die aarde was. Dankie dat ek daarom kan weet U verstaan al my probleme en dat U alreeds besig is om alles uit te sorteer. Ek loof u Naam. Amen.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Hoor!

Ons raak gou paniekerig wanneer ons verkeerde besluite geneem het. Soms voel dit mos net of jou lewe uitmekaar val. Ander kere is jy weer so besig dat jy nie meer weet hoe om God te vra vir hulp nie. Kom blaai hierdie we...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid