Leesplan inligting

Here, Ek Wil Hoor!Voorbeeld

Here, Ek Wil Hoor!

DAG 4 VAN 7

DAG 4 Jy het God se Gees

"Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God" (Romeine 8:14).

As jy Jesus in jou lewe gekies het, dan het jy God se Gees. Jy praat met God deur sy Gees en jy hoor God se stem deur sy Gees in jou. Paulus skryf dat dit dieselfde Gees is wat God gebruik het om Jesus uit die dood op te wek, wat nou in ons woon! (Efesiërs 1:20).

Johannes skryf ook dat die Heilige Gees ons hand sal vat en ons sal lei op die paaie van die waarheid, want omdat Hy Gees is, ken Hy die waarheid. Die Heilige Gees vertel vir ons die dinge wat Hy direk by God hoor. Die Heilige Gees berei ons ook voor vir alles wat vir ons voorlê.

Sy Gees gee ook vir jou onderskeidingsvermoë om te weet wanneer iets goed of sleg vir jou gaan wees. Dit gee jou die vermoë om sonder skuldgevoelens te kan leef. Selfs wanneer ons doodgaan, is God se Gees nog steeds daar vir ons. Paulus skryf in 2 Korintiërs 5:5 (DB): "God is besig om ons gereed te maak vir hierdie nuwe lewe wat op ons wag." Die Heilige Gees is die waarborg dat ons veilig by Hom sal aankom. En al gaan ons dood, sal die Gees sorg dat ons vir altyd lewe, omdat God ons vrygespreek het.

Die Heilige Gees gee ons daardie diep verlange na God en dit het tot gevolg dat daar ‘n onbreekbare band tussen God en ons is (Romeine 8). Die Heilige Gees tree as ons advokaat by God op. Daardie tye in jou lewe wanneer jy nie weet hoe jy moet bid nie, tree Hy vir jou by God die Vader met ‘n hemelse taal in.

Hoe wonderlik bevoorreg is ons tog nie! As jy Jesus in jou hart ingenooi het, het jy God se Gees en hoef jy jou oor niks te bekommer nie. Jy hoef vir niks en niemand bang te wees nie.

Gebed: My Here en my God, vandag kom kniel ek in verwondering voor u almag. Dankie dat U my die Heilige Gees gegee het om my elke dag die pad te wys wat ek moet loop. Ek loof U daarvoor. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Hoor!

Ons raak gou paniekerig wanneer ons verkeerde besluite geneem het. Soms voel dit mos net of jou lewe uitmekaar val. Ander kere is jy weer so besig dat jy nie meer weet hoe om God te vra vir hulp nie. Kom blaai hierdie we...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid