Leesplan inligting

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 7 VAN 29




God Sal Jou Help

Lees: Jesaja 41:1–20

SOAP: Jesaja 41:13

“Ek is die Here jou God,

Ek vat jou hand,

Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie,

Ek help jou.”

Oordenking

Kom ons maak vandag ons skrifgedeelte persoonlik. Die gemeenskap waartoe ons saam met God genooi word, is diep persoonlik. God sal jou nie verlaat nie. Hy is by jou. Hy sal jou help. Kan jy die volgende uit vandag se leesstuk lees deur elke melding van "jou" met jou naam te vervang?

“Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie.

Moenie bang wees nie, Ek is by jou,

Moenie bekommerd wees nie, ek is jou God

Ek versterk jou, Ek help jou,

Ek hou jou vas,

met my eie hand red Ek jou.” (Jesaja 41:9–10).

“Ek is die Here jou God,

Ek vat jou hand,

Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.” (Jesaja 41:13).

God belowe om jou te help! Hy sal op jou gebede reageer en alles voorsien wat nodig is vir die lewe. God wys sy krag deur te belowe om oorvloedige lewe te skep in 'n gebied wat minder as driehonderd millimeter (12 duim) water per jaar ontvang het. Niks is vir God te moeilik nie! Hierdie selfde God hoor ons, weet wat ons nodig het, en belowe om ons te help. Die areas van jou lewe wat droogte beleef? God kan ook daar lewe bring. Hy weet presies wat jy nodig het, en Hy wil help. Jy is nie 'n las vir God nie. Jy hoef nie bang te wees dat wat jy Hom vra om te doen te veel sal wees nie. Vir God is niks onmoontlik nie!

Ons, wat na God se beeld geskape is om sy liefde aan diegene rondom ons te weerspieël, word geroep om helpers, luisteraars en voorsieners te wees. Maar ons word ook genooi om hulp te vra. Kwesbaarheid nooi 'n dieper verhouding met God en met ander uit, soos ons ons trots neerlê en ons mure afbreek. Om kwesbaar te wees in die gemeenskap gee ons almal ruimte om die gawes wat God ons gegee het, te gebruik om sy liefde vir mekaar te weerspieël. Gemeenskap met God gee ons 'n fondasie om alle ander gemeenskappe op te bou, soos ons verhoudings bou met familie, vriende, die plaaslike kerk en die wêreld.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met m...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid