Leesplan inligting

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 1 VAN 29




Welkom by ons Bybelstudie: Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak Vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld.

Ons is nie gemaak om ons lewens alleen te leef nie.

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit.

God ons ontwerp het om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. Maar om in gemeenskap te leef, kan moeilik wees. Baie van ons bring deesdae meer tyd voor ‘n skerm deur as saam met ‘n vriend of vriendin of familielid. Ja, ons het dalk baie “vriende” op sosiale media, maar God het ons gemaak vir verhoudings weg van die skerm af.

Nie net is ons geskape vir gemeenskap in ‘n algemene sin nie, maar ook in bepaalde, verskillende areas van ons lewens. In hierdie vier weke lange studie gaan ons fokus op hoe God ons gemaak het vir gemeenskap met Hom, ons familie en vriende, ons plaaslike kerk en die wêreld.

Ja, ons voel dalk geïsoleer en eensaam, maar ons hoef nie so te leef nie. In hierdie studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek. Daar is lewe na eensaamheid.

Sluit by ons aan vir hierdie studie met ‘n joernaal, digitale hulpbronbondel, of op ons Love God Greatly toepassing. Terwyl ons werk deur wat dit beteken om Bybelse gemeenskap te bou, is daar ooreenstemmende Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie inhoud—met blogplasings en gemeenskapsgroepe—op ons webwerf.

Wat is SOAP?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "SOAP" en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir Scripture : Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan vir Observation: Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir Application: Dit is wanneer die Woord van God persoonlik toegepas word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir Prayer: Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy sopas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.

Inleiding

Ek wil heel eerste graag sê: ek weet dit is moeilik. Om “In gemeenskap” te leef, klink asof dit so maklik moet wees, en sommige mense laat dit moeiteloos lyk. Laat ek egter eerlik wees voordat ons met hierdie vier weke lange reis om gemeenskap in ons lewens aan te kweek, begin. Dit is nie maklik nie. Ja, ons is inderdaad daarvoor gemaak. Dit is deel van God se plan en wanneer ons nie 'n Bybelse gemeenskap in ons lewens het nie, sal ons ontbreek aan sekere spesiale seëninge. Moet egter nie teneergedruk of ontmoedig voel as dit iets is waarmee jy geworstel het nie. Inteendeel, besef dat jy in goeie geselskap is.

Soos ons begin, moet ons eerste verstaan wat 'n Bybelse gemeenskap is en wat dit nie is nie.

'n Bybelse gemeenskap is 'n groep eensgesinde Christene wat toegewyd is om God se Woord te leer en in hul lewens uit te leef. Dit is meer as 'n sosiale klub of 'n groep vriende met dieselfde belangstellings wat saam bymekaarkom. Om 'n Bybelse gemeenskap in jou lewe te kweek beteken om te gaan van oppervlakkige gesprekke na doelgerigte tyd wat saam gespandeer word om mekaar te bemoedig en op te bou in God se Woord. Die beweegrede hiervoor is liefde vir God, liefde vir mekaar en 'n begeerte om mekaar te help om in gehoorsaamheid en tot eer van God te leef.

Om 'n Bybelse gemeenskap aan te kweek sal 'n kombinasie van tyd en gebed vereis. Moenie ontmoedig raak as jy uitreik na verskeie mense en jy verwerping, stilte of geen belangstelling ervaar nie. (Dit het al baie met my ook gebeur. Het ek genoem dat dit nie altyd maklik is nie?) Die kwaliteit van die verhoudings is meer belangrik as die hoeveelheid mense wat opdaag. Gee hierdie proses aan God oor deur Hom te vra om jou verhoudings te seën. Bid dat Hy jou sal lei na die regte mense en wees dan dapper en nooi hulle in jou lewe in. Bid, reik uit, nooi uit en vertrou dan op God.

Kom ons wy hierdie volgende vier weke daaraan om te bid vir 'n Bybelse gemeenskap in ons lewens wat vir God eer. Onthou, ons almal smag daarna om geken en liefgehê te word. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie, ons is gemaak vir gemeenskap!

Bid, reik uit, nooi uit en vertrou dan op God.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met m...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid