Leesplan inligting

Goddelike LeidingVoorbeeld

Divine Direction

DAG 2 VAN 7

Stop


Een van die beste besluite wat jy kan neem wanneer jy impulsief voel, of voor 'n netelige probleem te staan kom, is om te stop. Roep eers halt. Bid vir leiding. Slaap daaroor.  Kry Goddelike wysheid van mense wat jy vertrou en kry 'n idee van die moontlike gevolge. Vra jouself dan: "Is dit iets wat ek dalk nie moet doen nie?"


Die meeste mense het goeie bedoelings of ten minste 'n soort regverdiging vir dít wat hulle wil doen. Nogtans blyk dit dat soveel mense verbaas is wanneer hulle uitvind dat hulle baie ver weg is van die rigting waarin hulle wou gaan. Die groot veranderinge in ons lewens — beide negatief en positief — gebeur selde sonder 'n reeks besluite wat opeenvolgend is, soos nimmereindigende dominoes.


Kan jy insien dat om te stop, een van die mees produktiewe dinge is wat ons kan doen? Wanneer jy stop, sodat jy 'n voorraadopname kan doen van waar jy is en waarheen jy wil gaan, dan kan jy besluit hoe om aan te beweeg na jou bestemming toe.


Waarmee kan jy ophou, sodat jy nader aan God se Goddelike bestemming kan kom?


Doen jy enigiets wat jou in 'n rigting neem waarin jy nie wil gaan nie (of waarheen God nie wil hê jy moet gaan nie)? Waarmee behoort jy heeltemal op te hou? 'n Verslawing aan sosiale media, drankmisbruik, pornografie, aanvaarding, of werk? 'n Ongesonde verhouding? 'n Veroordelende houding? Waarmee kan jy ophou sodat jy nader aan God se goddelike bestemming kan kom? Hanteer elke keuse asof dit 'n tree nader aan jou bestemming is.


As ons weet dat 'n sekere optrede of verhouding ons in 'n rigting laat gaan wat ons verder wegneem van die verhaal wat ons wil vertel, is dit nodig om stil te staan, nie net om die gevolge te oorweeg nie, maar ook om die keuse te maak om nie verder in die verkeerde rigting te gaan nie. Jy het waarskynlik al die woord "bekeer" gehoor. Een van die letterlike betekenisse is om "om te draai". Wanneer jy tot bekering kom, hou jy op om in 'n sekere rigting te gaan en keer jy terug na God en sy pad vir jou.


In hierdie opsig beteken om te stop, dat jy eintlik 'n nuwe rigting inslaan. Dit mag nodig wees om 'n tree na verantwoordelikheid, vergifnis, die regte vriende, of 'n nuwe woonplek te gee.


Vra jouself:

1. Indien ek die keuse maak wat ek oorweeg, waarheen kan dit my neem?


2. Waarmee kan ek ophou, sodat ek nader aan God se Goddelike riglyne kan beweeg?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Divine Direction

Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior p...

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeschel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid