Leesplan inligting

Goddelike LeidingVoorbeeld

Divine Direction

DAG 1 VAN 7

Begin 


Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy goddelike beginsels gebruik om keuses te maak? Gedurende die komende week gaan ons die sewe beginsels uit my boek "Divine Direction" verken, om jou te help om goddelike wysheid vir jou daaglikse keuses te vind.


As iemand jou sou vra om jou lewensverhaal te vertel, wat sal jy sê?


Jy mag dalk begin met waar jy gebore is en hoe jy grootgemaak is. Jy mag dalk jou eerste liefde noem. Miskien praat jy van die groot skuif wat jou gesin gemaak het of toe jy universiteit toe gegaan het. As jy getroud is sal jy dalk vertel hoe jy jou lewensmaat ontmoet het. As jy nie getroud is nie sal jy dalk verduidelik hoekom nie. As jy 'n ouer is, sal jy dalk die foto's op jou selfoon wys en 'n bietjie met jou gesin spog. Of miskien sal jy jou loopbaan beskryf. Wat behels jou verhaal?

Die meeste van ons het hoofstukke wat ons liewers nie met enigiemand sal wil deel nie. Miskien is jy nou op 'n plek waar jy nooit gedink het jy sou beland nie. Jy het nie bedoel om droog te maak nie, maar jy het. Jy het besluite geneem wat jou verder geneem het as wat jou bedoeling ooit was. Jy het dinge gedoen wat jou meer gekos het as wat jy ooit gedink het om te betaal. Jy het mense seergemaak. Jy het jou waardes in gedrang gebring. Jy het beloftes verbreek. Jy het dinge gedoen wat jy nie ongedaan kan maak nie.


Jou verhaal is nie klaar nie. Dis nie te laat om jou verhaal, wat jy eendag gaan vertel, te verander nie.


Daar is goeie nuus: jou verhaal is nie klaar nie. Dis nie te laat om jou verhaal, wat jy eendag gaan vertel, te verander nie. Ongeag wat jy gedoen (of nie gedoen het nie), is jou toekoms nog ongeskrewe. Daar is nog baie oorwinnings wat voorlê, meer vriende om te ontmoet, meer verskille om te maak, meer van God se goedheid om te ervaar. Ongeag of jy tot dusver van die storielyn hou of nie, met God se hulp kan jy jou verhaal herskep in iets waarop jy trots kan wees om te vertel.


Hier is een manier hoe om jou verhaal te verander: begin iets nuuts.


Dit maak nie saak hoe onseker, bang, of vasgevang jy juis nou mag voel nie, jou verhaal gaan vandag steeds aan. Waarmee sal jy dus vandag begin? Daagliks saam met jou lewensmaat bid? Elke dag 'n YouVersion-leesplan lees? Gaan vir berading oor 'n onopgeloste probleem? Met groter vrygewigheid of ruimhartigheid begin lewe? By jou kerk of in jou gemeenskap begin dien? Dis nou 'n goeie tyd om dit neer te skryf. Maak jou notaboek oop en skryf jou gedagtes neer. Moet dit nie te veel oordink nie. Neem wel 'n oomblik om dit neer te skryf. Slegs 'n sin of twee.


Vra jouself: Wat moet ek begin doen sodat ek in die rigting van die lewensverhaal wat ek wil vertel, kan beweeg?


Leer meer aangaande my boek "Divine Direction".


Hierdie leesplan is aangepas uit die boek "Divine Direction", met toestemming van Zondervan. Die inhoud is ter wille van bondigheid verander.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Divine Direction

Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior p...

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeschel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid