Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

DAG 4 VAN 5

Baie jare gelede, toe my kinders nog klein was, het ek op 'n gedig van Annie Johnson Flint afgekom. Haar woorde het my diep getref omdat my lewe op daardie stadium oorweldigend gevoel het. Ek het 'n afskrif gemaak en vir jare op my spieëlkas vasgeplak as 'n herinnering dat daar altyd druk sal wees — oor en oor en oor. Hierdie vrou het geleer hoe om druk te hanteer en haar woorde was vir my 'n uitstekende voorbeeld.


Annie se lewe was nie maklik nie. Haar ma is oorlede met die geboorte van haar jonger sussie. Met geen ma om hulle groot te maak nie, het hulle pa die susters aan 'n ander familie, die Flints, toevertrou, wat albei gesterf het toe Annie en haar suster tieners was.


Toe sy pas klaar met skool was, wou Annie onderwys gee, maar sy het erge artritis gehad. As 'n jong vrou in haar twintigerjare was sy reeds in 'n rolstoel en afhanklik van ander mense. Annie is nooit getroud nie, was nooit 'n ma nie, en haar lewe het meer teleurstellings en ontmoedigings ingehou as wat die meeste van ons sou kon verduur. Haar lewe was baie moeilik. Sy was onder groot druk. Die vraag bly staan: watter keuse sal ons maak wanneer ons aan sulke druk of ontmoediging blootgestel word?


Druk het 'n doel. 


Onder sulke intense druk dat dit alle krag te bowe gaan;


Intense druk in die liggaam en die siel;


Soveel druk in die gedagtes dat donker kolke begin rol;


Druk deur vyande en vriende;


Druk na druk, tot die lewe bykans tot 'n einde kom;


Druk totdat die stok en staf wat jou slaan geliefd is;


Druk totdat geen ander helper as God geken is nie;


Gedruk tot vryheid waaraan niks klou nie;


Druk tot geloof in die onmoontlike;


Druk tot 'n lewe wat net vir die Here geleef word,


Druk tot 'n Christus-oorvloedige lewe.


Annie Johnson Flint (1866-1932) — vrylik vertaal


Vader, ek bid dat my oë in geloof op die ewigheid gerig sal wees, soos dié van Annie Flint. Gee vir my oë wat die druk van die lewe sal sien as geleenthede om my teleurstellings te verruil vir u vreugde, my ontmoediging as 'n kans om aan U eer te bewys. Mag haar woorde in my hart inslag vind en my daaraan herinner dat ek net by U krag, vryheid en 'n betekenisvolle lewe sal vind. Herinner my vandag, wanneer die druk kom, dat U in my behoeftes voorsien.


Oorweeg om hierdie Skrifgedeeltes vandag in Die Boodskap te lees.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid