Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

DAG 2 VAN 5

Hoe gaan ek ooit in staat wees om vir my kinders alles te leer wat hulle moet weet? Sê nou ek het hulle in die verkeerde skool gesit, of hulle nooit laat deelneem aan 'n sport waarin hulle sou uitblink nie? Sê nou een van hulle moes 'n musikant wees en ons het nie die fondse om hulle te laat lesse neem nie? Wat as ek nie vir hulle genoeg is nie? Wat as ek hulle ruïneer? 


Jy is die ma. Jy is veronderstel om daar te wees vir hulle en om seker te maak dat hulle die regte rigting inslaan en nie misluk nie. Of hoe? 


Ons nimmereindigende vrese om "net die regte ma te wees", om oral en altyd in beheer te wees en om die regte geleenthede te voorsien, is uitmergelend. Ons hoop dat hulle nie as gevolg van ons in hul volwasse jare op 'n terapeut se rusbank sal moet deurbring nie. Dit is alles oorweldigend en veroorsaak dat ons die toekoms bevraagteken.
  
Om die een of ander rede is ons gekondisioneer om te glo dat 'n ma alles is. Perfek — Pinterest perfek. Ons weet dat ons eie ma's nie aan daardie verwagtinge kon voldoen nie, maar ons het hierdie idee dat ons anders gaan wees. Beter. 


Wag 'n bietjie. Ek het nuus vir jou: op jou eie is jy is nie genoeg nie.  


Het ek die wind nou heeltemal uit jou seile geneem? Haal diep asem en sê dit saam met my: "Ek is nie vir my kinders genoeg nie."


Dit is heeltemal in die haak. Dit is meer as in die haak en die rede is: as ons vir ons kinders genoeg was, het hulle nie vir Jesus nodig gehad nie!  Hulle is net vir 'n kort tydjie aan ons gegee om sy liefde vir hulle te wys, sy weg vir hulle te leer en om hulle groot te maak op die pad wat hulle moet loop — na Hom toe!  Dit is 'n belangrike roeping, groter as bykans enige ander. 


Die beste nuus vir ons is dat Hy ons kinders liewer het as wat ons hulle het — wat onmoontlik klink. Hy sal seker maak dat hulle alles leer wat hulle moet, alles het wat hulle nodig het en alles is wat hulle moet wees.  Want Hy is genoeg! 


Hopelik bied hierdie besef en verklaring aan jou 'n nuutgevonde vryheid! Skryf dit op 'n nota en plak dit waar jy dit gereeld sal sien:  Ek is nie goed genoeg nie, maar Hy is!  Mag jy ophou om jouself so te kasty deur 'n klomp skuld saam te dra en eerder vandag al begin om in vryheid te wandel.


“Daar is geen hoër roeping in die lewe as die taak om die kinders wat God aan ons sorg toevertrou het, in die lewe te bring en groot te maak nie." ~ Dr. James Dobson


Vader, dankie dat U genoeg is. Help my om in hierdie waarheid berusting te vind, in die geloof dat U my vooruitgegaan het en dat U ook op hierdie oomblik vir my kinders 'n weg baan. Help my om in die vryheid te leef van die wete dat ek nie genoeg is nie, maar dat U meer as genoeg is! Mag u vrede en teenwoordigheid my hart deurvloei wanneer ek in U rus en my kinders se toekoms aan U toevertrou. 
 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid