Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

DAG 1 VAN 5

“Julle ouens is besig om my mal te maak!” Ek weet jy het dit al minstens een keer vir jou kinders gesê teen hoë desibels. Waarskynlik al 'n paar keer. Ek weet, want ek het dit al baie keer self geskree. Die stryery, storie-aandraery, die selfverheffende en disrespekvolle houdings en die voortdurende behoefte om ons te irriteer totdat ons ons hare wil uittrek — of op almal wil skree. Wanneer die stof gaan lê het, voel ons ook niks beter nie.  Ja, daar is 'n  oomblik van stilte, totdat dieselfde toneel homself net weer en weer herhaal.


Wat sal gebeur as jy volgende keer gereed is met 'n ander perspektief? Wat as ons begin insien dat frustrerende situasies eintlik die hand van God in ons lewens en ook in dié van ons kinders is? 


Hy gee aan jou die geleenthede om moeilike, regte keuses te maak van liefde, geduld en selfbeheersing; om Hom te kies. Hy bied aan jou oomblikke waarin jy jou kinders en ook jou eie hart, iets kan leer. Hy gee aan jou geleenthede om meer soos Hy te word.


Hy gee aan jou spesiale oomblikke waarin jy jou kinders kan leer dat angstigheid beheer kan word deur die Heilige Gees wat in jou woon — en dit begin daarmee dat jy jouself moet beheer. Natuurlik sal jy soms vergeet. Jou frustrasies sal dikwels die oorhand kry. Wanneer dit gebeur moet jy stil raak, bid, Christus in die situasie innooi en weer probeer. Soos jy oefen om 'n "geleentheid" te sien eerder as net nog 'n frustrerende tyd van teleurstelling en ontmoediging, sal jy groei en verandering in jou hart begin sien wat sal oorspoel na jou kinders toe. Probeer dit! Druk deur en moenie handdoek ingooi nie. 


Vader, ek bely dat ek heeltemal te gereeld my humeur met my kinders verloor. Die vloed woorde en bevele wat ek uitskree laat nie een van ons rustig of goed voel nie. Ek bid dat U my sal help om hierdie tye te sien as geleenthede om aan U eer te bewys deur die vrug van u teenwoordigheid te kies, eerder as 'n woede uitbarsting wat seer maak. Ek nooi U nou dadelik in die eerste situasie wat hom gaan voordoen, wetende dat u sterkte en krag in my leef en dat U vir my die regte woorde van liefde, geduld en selfbeheersing sal gee wat ek in daardie oomblik nodig gaan hê. Dankie vir u geduld met my. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid