Leesplan inligting

Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld

Divorce To Healing: Survive And Thrive

DAG 5 VAN 7

"Oorleef en Floreer: Dag 5"



Familie en vriende bedoel dit goed. Die kanse is goed dat hulle op een of ander manier deur egskeiding beïnvloed is, moontlik gaan hulle ook daardeur. Jou situasie is egter so uniek soos jy.



Dit is verbasend hoeveel mense sal sê "jy moet maar net weer terugklim in die saal" en "ek het vanaf die begin geweet hy/sy is nie goed vir jou nie." Werklik, Professor? Wat weet jy van my situasie? Hoeveel van my trane het jy vir my afgevee?



Ek weet dat familie en vriende jou kan troos, maar soms kort hulle ware Goddelike wysheid wat jou die hulp sal gee wat jy so nodig het.



Hoeveel van hulle sal bereid wees om jou na 'n kroeg te sleep of vir jou 'n afspraak met hulle vriend te reël, maar dan is hulle onwillig om saam met jou te sit en saam met jou te bid? Wanneer 'n ander geskeide persoon jou help om jou egskeiding te vier asof jy die Lotto gewen het, is dit 'n probleem.



Jy moet veral in hierdie tyd nie toelaat dat ander mense jou aftrek nie. Soek God en laat Hom toe om jou op te rig tot by alles wat Hy vir jou het. Bid, lees sy Woord en vestig jou in 'n Bybel-prekende plaaslike kerk.



Jy het 'n berader, pastoor, of mentor buite jou familie en vriendekring nodig wat absoluut eerlik en onpartydig sal help om dit wat gebeur te verwerk. Ek glo dat jou familie en ander daar moet wees om jou te troos en te ondersteun, maar aanvaar die advies slegs as dit Goddelike wysheid bring in egte liefde en waarheid.



Soek 'n ondersteuningsgroep vir geskeides, soos DivorceCare, wat jou sal help om ander te ontmoet wat besig is om deur dieselfde proses as jy te werk. Die leiers sal 'n bron van begrip en wysheid wees, wat jou kan ondersteun, terwyl hulle onpartydig en eerlik met jou is. Jy kan in groepsverband ander help soos wat hulle jou help. Dit help jou om jou spesifieke situasie te verstaan.



Laat jou familie jou familie wees. Laat jou vriende jou vriende wees. Laat jou pastore, beraders en groepleiers jou van wysheid voorsien. Laat God die leemtes vul.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: Survive And Thrive

Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en pl...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid