Leesplan inligting

Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld

Divorce To Healing: Survive And Thrive

DAG 1 VAN 7

"Oorleef en Floreer: Dag 1"



As ek nadink oor my genesing na egskeiding, kan ek een besluit uitwys wat ek geneem het, wat my uiteindelik die pad laat loop het na heelwording. Dit was die besluit om God te vertrou, WAT OOK AL GEBEUR!!!



Ek het alreeds my hart vir Jesus gegee kort voordat ek die besluit moes neem om Hom ten volle te vertrou. Ek het selfs vandag nog God se wysheid en leiding nodig om alles te kan verstaan wat Hy deur die proses gedoen net.



Jy sal in een van hierdie drie kategorieë met God val:



Jy het jou hele hart vir Jesus gegee en is gered.

Jy het nog nie jou hele hart vir Jesus gegee nie.

Jy het soort van 'n verhouding met God/Jesus/godsdiens, ens.



Daar is baie plekke en mense met wie jy dalk jou geestelike bewustheid en opvattings kan vereenselwig. Dit kon gebeur het toe jy nog 'n kind was, nadat jy 'n gesin begin het, of later in jou lewe. Dit maak nie saak in watter groep jy is nie, ek glo dat jy nooit volkome sal kan genees as jy nie jou hele lewe aan Jesus oorgee nie. Slegs God, jou Skepper, kan 'n gebroke hart ten volle genees.



Jy is dalk in staat om gelukkig te wees en aan te beweeg na 'n ander verhouding, jy mag goed voel oor jouself en jou situasie, maar daardie deel van jou hart wat volkome genesing nodig het, sal nooit heeltemal genees nie. Jy sal die res van jou lewe die wonderlikste lewe misloop wat God vir jou het.



Van die baie mense wat ek geseënd was om te kon help, was dit net daardie mense wat hulle lewens aan Jesus oorgegee het wat volkome genees het. Hulle het Hom gevra om dit te doen wat net Hy kan doen; dit genees wat chirurge en geestelike gesondheidsdeskundiges nie kan doen nie. 'n Gewonde gees, 'n lewe wat verander het, 'n gebroke hart, 'n gesin wat uitmekaaar geskeur het. Dit maak nie saak hoe moeilik nie, hulle het die enigste Een vertrou wat vertroue waardig is.



Jy sal nooit 'n lewe vol hoop, volmaaktheid, en dankbaarheid kan hê as jy nie eers die liefde, genade, en barmhartigheid ervaar het wat God gedurende hierdie helingstydperk voorsien nie. Dit is 'n reiniging soos niks anders nie. Dit is soos om 'n pragtige sonsopkoms oor die see vir die eerste keer te sien.



As jy die behoefte voel om weer met God kontak te maak, of om Jesus jou persoonlike Heer en Verlosser te maak, herhaal dan hierdie gebed:



"Jesus, ek het U nodig. Ek het seer en ek vra U om my te verlos. Ek gee elke deel van my lewe aan U oor, nou en vir altyd. Jesus, U is my Heer en Verlosser. Vergewe asseblief al my sondes en vul my met U liefde, genade, barmhartigheid, wysheid en begrip. My lewe behoort aan U. Genees my en maak my heel. In U kosbare naam, Jesus. Amen."



Gedurende die volgende ses dae sal jy in staat wees om die kragtige gebede te leer wat God aan my gegee het, wat ek tot vandag toe nog gebruik. Jy sal insiggewende oefeninge leer wat jou in staat sal stel om 'n lewe te leef wat jou genesing sal bevorder.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: Survive And Thrive

Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en pl...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid