Leesplan inligting

Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld

Divorce To Healing: Survive And Thrive

DAG 3 VAN 7

"Oorleef en Floreer: Dag 3"



Wanneer jy worstel met egskeiding en alles wat dit behels (kinders, verlies, emosies, ens ... ), glo ek uiteindelik kom alles neer op twee dinge: vrede en wysheid.



Ons emosies wil ons oorweldig. Ons gevoelens en mense verraai ons. Ons behoeftes verander op 'n amper daaglikse of selfs uurlikse basis. Ons het vrede nodig.



Daar is iets omtrent die oseaan. Ek het nooit meer vrede en rustigheid ervaar as net vyf minute saam met Jesus op die strand nie. Dit help my kalmeer en om te onthou hoe groot die wêreld en die lewe regtig is. My probleme mag vir my groot wees, maar klein vir die wêreld.



Wanneer ek tyd op die strand deurbring, praat God met my. Hy bring oor my 'n rustige gevoel van vrede. Wanneer ek met God kommunikeer deur sy Woord en aanbiddingsmusiek op my iPhone, laat Hy my siel toe om te rus en te herlaai. Wat gee aan jou daardie soort ervarings? Bring tyd saam met God deur terwyl Hy vir jou vrede bring wat alle begrip oortref.



Ons gedagtes is gejaagd met bekommernisse. Ons siele roep uit vir antwoorde. Ons gedagtes is deurmekaar. Wat ons regtig nodig het, is wysheid.



Goddelike wysheid is soveel beter. Ons herken dit net wanneer jy nie kan verstaan hoe iets so ongelooflik kon gebeur nie. Jy sê dan iets soos, "Dit moet God wees."



Dit is God wat sy briljante by ons gewone voeg. Bonatuurlik.



Die beste manier waarop ek sy ware wysheid kan verkry, is deur elke dag tyd in die Bybel deur te bring, deur oordenkings te doen, na preke te luister en my verhouding met Jesus in gebed te bou.



Beraders, vriende, familie en ander kan aan jou wysheid gee. Is dit Goddelike wysheid? Bevat dit die bonatuurlike wysheid van die God wat jou geskep het en jou beter ken as wat jy jouself ken?



Bid vandag dat God aan jou sy perfekte vrede en sy perfekte wysheid sal gee vir alles wat jy vandag en in die toekoms moet aanpak. Laat Hom jou krag en leiding wees in hierdie onsekere tyd.



Vra God vir sy volmaakte vrede en wysheid. Vra en jy sal ontvang.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: Survive And Thrive

Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en pl...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid