Leesplan inligting

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld

Forgiving Those Who Wound Us

DAG 7 VAN 7

Skrap die Onreg van die Verlede



Elke dag berg ons ervarings om in die toekoms te onthou — hopelik tot ons vreugde. Soms gebeur daar egter slegte dinge wat 'n permanente indruk op ons lewens maak. Soms ondervind ons gestremdhede as gevolg van ander se swak keuses. 'n Dronk bestuurder oorleef 'n ongeluk en die passasier doen permanente skade op, hetsy fisiek of geestelik. Iemand kan groot skade aanrig as gevolg van selfsugtige of agtelosige dade. Hoe kan ons enigsins daaraan dink om sulke onreg te vergewe?



Vergifnis behels 'n doelbewuste poging om die gruwelike dade en sondes van ander te laat vaar. Jy kies om nie die foute van ander te onthou nie. Psalms 103:9-12 is 'n bewys van God se doelbewuste vergifnis. "Hy sal ons ons sonde nie bly toereken nie" (al het Hy alle reg om dit te doen); en Hy het ons sondes van ons af verwyder so ver as die ooste van die weste is. Dit is 'n ewige afstand; die twee horisonne ontmoet nooit nie. God verwyder doelbewus ons sondes uit sy sig en dink nooit weer daaraan nie! Hoe kan ons sulke vergifnis toepas? Dis net die liefde wat die Heilige Gees vir ons gee wat ons harte kan verander om nie "boek te hou van die kwaad" nie (1 Korintiërs 13:5). Hierdie soort vergifnis word net moontlik gemaak deur God se genade en word gemotiveer deur ware liefde vir ander.



Dit is baie moeilik om ander te vergewe as ons gedurig op ons eie lyding en moeilikhede konsentreer. Kyk eerder hoe God oortredinge hanteer: "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê" (Johannes 3:16). God se liefde vir ons het toegelaat dat Hy sy Seun opgeoffer het sodat ons sondes vergewe kan word. Moet ons ook so vergewe? Ja! Maar nie in ons eie krag nie! Dit is waar dat ons gebeurtenisse in ons lewens sal onthou. Sommiges sal ons nooit kan "vergeet" nie. Maar "hou ons boek" van al die oortredinge van ander mense? Herleef ons, of onthou ons die negatiewe besonderhede elke keer as ons die persoon sien?



Goddelike vergifnis kan nie ons herinneringe uitwis nie, maar dit laat ons toe om nie daarvan boek te hou nie en om verhoudings te herstel. Mettertyd, en deur God se Gees, sal ons vind dat liefde ons negatiewe gedagtes en gevoelens vervang en ook teenoor hulle wat ons seergemaak het.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving Those Who Wound Us

Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in ...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid