Leesplan inligting

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld

Forgiving Those Who Wound Us

DAG 4 VAN 7

Die Gawe van Vergifnis



Baie van ons leef met onopgeloste konflik, gebroke kommunikasie en onopgeloste "sake" tussen ons en ander. Daar is egter hoop! God het die kerk so ontwerp dat dit 'n vergadering van gelowiges kan wees wat in vrede met mekaar lewe. In hierdie Skrifgedeelte word gelowiges beveel om "goedgesind ... hartlik en vergewinsgesind" te wees. Hierdie opdrag om goedgesind en hartlik te wees word beklemtoon deur die opdrag om te vergewe. Vergifnis is 'n geskenk wat ons aan ander gee; 'n opofferende leefstyl waar ons ander bevry van die aanspreeklikheid van hulle oortredinge teenoor ons. God het sy Seun gegee om ons sondes te bedek. Hy het alreeds die prys betaal, daarom is dit vir ons moontlik om ander te vergewe. As ons ander vergewe, kry ons toegang tot Christus deur God se opofferende geskenk.



Die motivering vir die groei in liefde, word nie in ons eie harte gevind nie. Die motivering kom eerder van God en van wat Hy gedoen het om ons in Christus te vergewe. Die skuld moes betaal word, want sonde is gedoen. As ons egter afstand doen van die aanspreeklikheid vir foute wat teenoor ons begaan is, plaas ons ons vertroue in God se genade om die prys te betaal. Dit is baie bevrydend. Dit help ons om in Christus vry te wees en om in harmonie met ander te leef! Stel jou die vryheid en goedhartigheid voor wat ons sal ervaar as al ons verhoudings deur vergifnis gekenmerk word. Ons gemeenskap van gelowiges word onderhou en versterk deur goedhartige, hartlike en vergewinsgesinde verhoudings.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving Those Who Wound Us

Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in ...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid