Leesplan inligting

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld

Forgiving Those Who Wound Us

DAG 1 VAN 7

Die Wonder van Vergifnis



Bybelse vergifnis spreek ons persoonlike seerkry direk en spesifiek aan, dit maak nie saak hoe erg dit is of hoe lank terug dit gebeur het nie. Wanneer ons deur dinge uit die verlede werk, is dit belangrik om daardie sondes korrek aan te spreek. As ons dit doen identifiseer en erken ons die ware probleem. Die woord "bely" in die Bybel, beteken "om saam te stem" oor die saak. Wanneer ons sonde reg bely, stem ons saam met God oor die ware wortel van die kwaad tussen ons en iemand anders.



Jakob het vir sy seuns baie wyse raad gegee; hy het presies vir hulle gesê wat om te sê: "Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe." Die term "groot misdaad" kan ook as "boos" vertaal word. Wanneer ons belydenis doen kan ons so maklik ons sonde of die sonde van ander as onbelangrik afmaak. Josef se broers het 'n bose ding aan hom gedoen. Josef het eerstehands die diepte van hul verdorwenheid ervaar. Dit was die swaar las wat hulle al die jare moes dra, die las wat hulle bang gemaak het vir Josef — en ook reg so! Hulle was skuldig aan 'n bose daad teen die man wat nou hulle regter was. En tog, toe hulle hul boosheid bely, het Josef hulle in eie munt terugbetaal? Nee! Josef het gehuil! Hy het gesien dat God se doel deur sy broers se bose daad volbring is. Dus kon hy hulle vergewe en troos en so weer die verhouding herstel.



1 Johannes 1:9 sê: "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle boosheid." Beleef die wonder van vergifnis! Vergifnis kan ver in die verlede teruggaan en mense van laste verlig wat hulle sedert hulle kinderjare dra.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving Those Who Wound Us

Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in ...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid