Leesplan inligting

Spreuke: Die Waarde Van WysheidVoorbeeld

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

DAG 2 VAN 8

Wat is Spreuke nie?

Daar is ’n paar belangrike dinge om te onthou wanneer ons op Spreuke en die waarde daarvan vir ons lewe fokus.

Die eerste is dat Spreuke nie my “persoonlike boek van beloftes” is nie. Dis ’n boek van diepe wysheid met beginsels vir ’n wyse lewe. ’n Beginsel en ’n belofte is nie dieselfde ding nie. Daar is baie verse in Spreuke wat na maklike antwoorde lyk vir sommige van die lewe se grootste uitdagings. Dis belangrik dat ons verstaan dit is beginsels en nie beloftes nie. Die beginsels wat ons in die boek leer, sal ons help, maar dit is nie ’n waarborg dat alles altyd goed gaan uitwerk nie. Spreuke se beginsels is vas, waar en waardevol vir ons lewe, maar soms is daar uitsonderings. Ons kan dus nie verwag dat hierdie beginsels beloftes moet wees nie.

Ons moet ook onthou dat Spreuke die ware wysheid vir die lewe is. Maar nie volgens die wêreld nie; volgens God. Baie van die wysheid van Spreuke stem nie ooreen met dié van die wêreld nie – dit is dikwels juis die teenoorgestelde! God se wysheid loop soms stroomop teen dié van die wêreld. Sonder God maak dit dan geen sin nie. As ons God vertrou en in ’n verhouding met Hom leef, word Spreuke se wysheid iets wat my in pas met God bring.

Om Spreuke se wysheid werklik te verstaan, moet ons God se stem hoor – in die vorm van Jesus wat die een is wat ons lei in ’n lewe wat meer waarde het as dit wat die wêreld vir ons wil gee. Met hierdie wysheid kan ek in elke aspek van my lewe – my geld, my verhoudinge, my werk, my waardes – in pas met God leef. Dis nie ’n waarborg dat alles maklik sal wees nie, dis ’n uitnodiging na ’n soort lewe wat baie beter is as enigiets wat ons op ons eie kan uitdink.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Spreuke: Die Waarde Van Wysheid

Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? Oor die volgende ag dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die bo...

More

Ons wil graag vir Pellissier Gemeente bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://ngkerkpellissier.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid