Leesplan inligting

Jou Deurbraak Jaar: 5 Dae van Inspirasie om Jou Nuwe Jaar Mee Af Te SkopVoorbeeld

Your Breakthrough Year: 5 Days of Inspiration to Kickstart Your New Year

DAG 4 VAN 5

DAG 4 – DIE LEWE SE B-KANT


In vandag se tyd luister ons na musiek op ons selfone meestal met oorfone. Alles is digitaal. Voorheen was daar bandopnames, 8-snitte, en viniel plate. Slegs viniel plate het meer as een soort opname gehad.


Dalk is jy nie oud genoeg om te onthou toe liedjies op die 45s was nie. In hierdie digitale era is dit moeilik om te glo dat daar eens op 'n tyd sulke klein opnames was wat jy kon koop wat net twee liedjies op gehad het. Een lied was op kant A en die ander lied op kant B.


'n Album sou tien of twaalf liedjies gehad het op 'n 33 of langspeelplaat opname, maar die opname met 'n enkel liedjie is verkoop as 'n 45. Beide soorte opnames kon op 'n draaitafel gespeel word, maar jy het 'n koppelaar vir die 45 nodig gehad, omdat die gaatjie groter as die album se grootte was.


Die lied wat die platemaatskappy gedink het 'n treffer sou wees, was op kant A en die ander lied op kant B was eintlik maar 'n weggooi liedjie. Soms was die uiteindelike treffer eintlik op kant B.


Sommige van die grootste trefferliedjies was "kant B" opnames. "I Saw Her Standing There" deur die Beatles, "We Will Rock You" deur Queen, "Hound Dog" deur Elvis Presley, "Super Freak" deur Rick James, en "You Can't Always Get What You Want" deur die Rolling Stones.


Handelinge 16: 6-7 vertel ons dat: "Hulle het daarna deur die gebied van Frigië en Galasië gereis, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om die woord in die provinsie Asië te verkondig. Toe hulle by die grens van Misië kom, het hulle na Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle dit nie toegelaat nie."


God het Paulus se kant A gestop — wat hy gedink het sou suksesvol wees, en hy het met kant B in Masedonië geëindig. Dit het egter die geskiedenis verander. Die Christendom het gevorder vanaf Asië tot in Europa. Die kerk is gestig in Europa en het van daar versprei regoor die wêreld.


Dit sou nooit gebeur het tensy Paulus entoesiasties en positief gereageer het op die verandering in sy planne nie. Hy kon kwaad gewees het vir God of homself bejammer het. Hy kon teësinnig na Europa toe gegaan het, maar nie homself ten volle aan die werk toegewy het nie. In plaas daarvan het hy die kerk in menige stede gevestig.


Jy kan dalk soos Paulus in 'n situasie wees wat jy nie beplan het om in te wees nie. Dit is 'n volledige verandering van wat jy gedink het jy sou doen. God kan dit egter gebruik om groter sukses en 'n groter impak te maak as wat jy ooit sou kon droom.


Jy weet nooit wanneer God iets op jou B-kant wil doen nie.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Your Breakthrough Year: 5 Days of Inspiration to Kickstart Your New Year

Die nuwe jaar kan jou deurbraak jaar wees. Jou deurbraak is aan die ander kant van die versperring wat jy verlede jaar moes oorkom het. Hierdie kan die jaar wees wat jy uiteindelik die deurbraak maak wat jy in jou lewe n...

More

Ons wil graag The Fedd Agency bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek gerus: https://www.rickmcdaniel.com/thisisliving.html

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid