Leesplan inligting

Jou Deurbraak Jaar: 5 Dae van Inspirasie om Jou Nuwe Jaar Mee Af Te SkopVoorbeeld

Your Breakthrough Year: 5 Days of Inspiration to Kickstart Your New Year

DAG 1 VAN 5

DAG 1 – DIE DEURBRAAK


Ek het 'n kerk gestig en dit is nie vir sissies nie. Ons het na 'n nuwe staat toe getrek en met tien families wat in 'n kelder ontmoet het, het ons die kerk begin. Ons het meer as 4000 koeverte per hand adresseer om mense te nooi na die eerste diens toe.


Jare later was ek die openingspreker by "Church Planting Boot Camps." My motiveringsboodskap was: "Die Min, Die Trotse, Die Kerkplanters." Hulle was die spesiale magte van God se weermag. Om grond van die vyand af te neem is nie maklik nie, maar dit is nodig vir die uitbreiding van die koninkryk.


Daar was baie uitdagings aan die begin toe die kerk gestig is, maar as God jou seën met groei sal daar nuwe uitdagings wees. Die plek-kwessie is altyd 'n groot een. Ons kon nie onbepaald in ons gemeenskap 'n plek huur nie, en op 'n sekere punt sal ons eie gebou 'n noodsaaklikheid raak.


Ons het meer geld ingesamel om die eiendom te koop en het die soektog begin na die regte ligging. Dit was 'n lang, uitgerekte proses. Ons het na 25 verskillende plekke gaan kyk en vasgestel dat nie een van hulle reg is vir ons kerk nie.


Ons het 'n deurbraak nodig gehad – iets wonderbaarliks sou moes gebeur vir ons om die perfekte stuk eiendom te kry. In die kerk wêreld is dit nie soseer die ligging, ligging, ligging wat saak maak nie, maar die toeganklikheid, toeganklikheid, toeganklikheid.


Een dag het daar 'n man in die kerk, wat 'n eiendomsagent is, my vertel van 'n eiendom wat hulle besit het. Dit was die ligging wat ek nog altyd wou gehad het.


Die eiendom was langs 'n vier-baan pad wat 'n provinsiale uitgang was. 304 meter van die eiendom se vooraansig was oorkant die grootste behuisingsontwikkeling in die area. Verbasend genoeg het hy my vertel dat hulle die eiendom aan ons kerk sou verkoop. En toe vertel hy my dat die plek te koop is teen R6 579 708 maar eintlik R18 909 617 werd is!


Ons het ons deurbraak gekry en dit het ons kerk verewig verander. In die eerste jaar nadat die gebou opgerig is, het ons amper verdubbel in getalle. 1 Kronieke 14:11 vertel ons: "Dawid het daarna gesê: 'God het my vyande met my hand gekloof soos water 'n wal kloof!' Dit is waarom hulle daardie plek Grootkloof noem."


God kan jou ook 'n deurbraak gee. Wanneer dit gebeur, sal dit wees soos 'n vloed van wonderlike seëninge. Jy moet van harte na God soek daarvoor ... en dikwels sal dit heelwat langer vat as wat jy sou wou hê dit moet. Maar, God sal dit doen, die deurbraak sal kom en jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Your Breakthrough Year: 5 Days of Inspiration to Kickstart Your New Year

Die nuwe jaar kan jou deurbraak jaar wees. Jou deurbraak is aan die ander kant van die versperring wat jy verlede jaar moes oorkom het. Hierdie kan die jaar wees wat jy uiteindelik die deurbraak maak wat jy in jou lewe n...

More

Ons wil graag The Fedd Agency bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek gerus: https://www.rickmcdaniel.com/thisisliving.html

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid