Leesplan inligting

Jou Deurbraak Jaar: 5 Dae van Inspirasie om Jou Nuwe Jaar Mee Af Te SkopVoorbeeld

Your Breakthrough Year: 5 Days of Inspiration to Kickstart Your New Year

DAG 2 VAN 5

DAG 2 – 'n SELDSAME GEBEURTENIS


'n Vrou in Engeland het swanger geraak nadat sy reeds swanger was, om uiteindelik geboorte te gee aan 'n seldsame tweeling wat drie weke uitmekaar verwek is. Normaalweg wanneer 'n vrou swanger raak, begin haar liggaam deur 'n verskeidenheid van prosesse gaan om 'n gelyktydige swangerskap te voorkom, insluitende die vrystel van hormone om ovulasie te stop.


In seldsame gevalle kan 'n vrou egter aanhou ovuleer en daardie eiersel kan dan deur 'n spermsel bevrug raak en in die baarmoeder ingeplant word. Hierdie merkwaardige verskynsel, waar twee bevrugte eierselle in die baarmoeder ingeplant word op verskillende tye, staan bekend as superfetasie.


Op twaalf weke het dokters 'n tweede baba ontdek tydens 'n sonar, wat drie weke in grootte verskil het van die eerste baba. Omdat superfetasie so ongewoon is, kon die dokters aanvanklik nie die verskil in grootte tussen die twee babas verduidelik nie. Hulle het toe superfetasie gediagnoseer.


Die babas, Noah en Rosalie, was prematuur gebore. Noah het drie weke en Rosalie 95 dae in die hospitaal spandeer. Beide babas is egter nou tuis en gesond.


Superfetasie is so ongewoon omdat drie aparte, onwaarskynlike gebeurtenisse moes plaasvind vir dit om te kan gebeur. Ovulasie, gewoonlik deur hormone gestop, bevrugting, gewoonlik vroeg in die swangerskap gestop wanneer 'n slymprop vorm om spermselle te keer om deur die serviks te kom, en inplanting, wat genoeg spasie nodig het vir die embrio in die baarmoeder, sowel as hormone wat normaalweg nie vrygestel sou word tydens swangerskap nie.


Al daardie gebeurtenisse het egter plaasgevind en Rebecca Roberts het op 39-jarige ouderdom swanger geraak en 'n tweeling gekry.


Daar is tye wanneer God gebeurtenisse en omstandighede so laat saamwerk om iets wonderbaarliks te doen. Ons sien dalk nie hoe die situasie kan uitwerk nie, ons dink daar is geen manier hoe dinge sal kan beter word nie, en ons is seker daar is eenvoudig net geen uitweg nie.


Dan doen God iets seldsaam, buitengewoon, ongewoon. Hy bring gebeurtenisse saam op die perfekte manier, sodat wat onmoontlik was, moontlik word. God werk deur die krag van die Heilige Gees.


Wanneer ons onsself oopstel vir God, werk die Gees kragtig in ons en ons sal God se kreatiewe werk sien. Hy sal ons lewe lei; ons kan rus in sy leiding. En ons sal die wonderlike dinge wat Hy doen aanskou.


Jesus het in Johannes 14:26 gesê: "en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat ek vir julle gesê het." Deur die werking van die Heilige Gees, sal ons sekere dinge ervaar wat ons help en die enigste verklaring daarvoor, is dat dit van God afkomstig is.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Your Breakthrough Year: 5 Days of Inspiration to Kickstart Your New Year

Die nuwe jaar kan jou deurbraak jaar wees. Jou deurbraak is aan die ander kant van die versperring wat jy verlede jaar moes oorkom het. Hierdie kan die jaar wees wat jy uiteindelik die deurbraak maak wat jy in jou lewe n...

More

Ons wil graag The Fedd Agency bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek gerus: https://www.rickmcdaniel.com/thisisliving.html

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid