Leesplan inligting

Aande Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Evenings With The Holy Spirit

DAG 6 VAN 7

Kies die Weg van Vrede



Vertroue is die weg na vrede. Daar is geen vrees waar daar vertroue is nie, want liefde is 'n teelaarde vir vertroue en volmaakte liefde verdryf alle vrees. "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop" (Spreuke 3:5-6).



Vertrou op Vader om jou te lei en elke tree te rig na 'n plek van seën waar jy Hom op 'n nuwe manier kan leer ken. Hy wil jou vandag en elke dag ontmoet. Vertrou op Hom om altyd by jou te wees en bly op die uitkyk vir sy seëninge.



Ek vertrou op U Here. Help my om U nog meer te vertrou. Ek kies om U met alles in my te vertrou. Wys my wat in my hart is wat ek nog uit vrees van U weerhou. Ek is vasberade om U met alles wat ek is en het te vertrou. Help my daarmee.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Evenings With The Holy Spirit

Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the H...

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/eveningskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid