Leesplan inligting

Aande Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Evenings With The Holy Spirit

DAG 1 VAN 7

'n Nuwe Begin



Jy kan nuut begin. Dit maak ook nie saak hoeveel keer jy al nuut begin het nie. Moenie die leuen glo dat jy nie weer nuut kan begin nie. Wat Jesus aan die kruis gedoen het, het die weg gebaan vir 'n nuwe begin en nog een en nog een — soveel keer as wat jy dit nodig het. Ons Vader se genade is elke dag nuut. Tydperke verander. Glo dat jy 'n nuwe begin kan hê in enige terrein van jou lewe wat nie ooreenstem met Vader se volmaakte wil vir jou nie. Gryp hierdie kosbare belofte aan, staan weer op en gaan vorentoe na die nuwe begin. Vader het wonderlike planne vir jou. Dis jou keuse om in sy genade in te beweeg.



Ek glo ek kan nuut begin omdat die Woord van God so sê. Help my om in hierdie belofte te wandel terwyl ek van een tydperk na 'n ander oorgaan. Gee my die krag om aan hierdie groot en kosbare belofte vas te hou wanneer ek nie kan sien deur watter deur ek moet gaan nie. Wandel saam met my.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Evenings With The Holy Spirit

Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the H...

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/eveningskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid