Leesplan inligting

’n Huwelik wat werkVoorbeeld

’n Huwelik wat werk

DAG 5 VAN 5

’n Verbond wat hou

Dink jy aan die huwelik as ’n kontrak – ’n ooreenkoms wat voorwaardes insluit vir wedersydse voordeel en wat onderhou moet word om geldig te bly? Ons praat dalk van beloftes en iets wat vir altyd hou, maar sommige mense benader ’n huwelik bloot as ’n ooreenkoms om in mekaar se behoeftes te voorsien.
En wanneer ons behoeftes nie meer bevredig word nie, kom die kontrak in gedrang.

Die huwelik is egter nie net ’n kontrak nie. Dit is ’n heilige verbond – ’n heilige belofte.

’n Verbond is meer as net ’n ooreenkoms. Dit is ’n onbreekbare verbintenis wat ’n veilige omgewing skep waarin intimiteit dieper kan groei sonder die gevaar om verbreek te word.

Intimiteit kan nie in ’n onveilige omgewing groei nie. Dit vereis van ’n man en vrou om weerloos te wees teenoor mekaar en mekaar ten volle te vertrou.

Elke mens het die behoefte na iemand in wie se oë hulle kan kyk en steeds geliefd voel – al sien die persoon al jou foute en tekortkominge. Omdat ons almal so ongelooflik onseker is, gee ons voor en steek ons ons tekortkominge weg. Ons aanvaar oppervlakkige liefde.

Oppervlakkige liefde voed egter nie die siel nie. Ons het regtig nodig om liefgehê te word ten spyte van onsself.

Dit is hoekom God ons in ’n verbondsverhouding met Hom bring eerder as om net ’n kontrak met ons te sluit. Hy wil hê ons moet veilig in sy liefde voel en groei in ons intimiteit met Hom. Aangesien die huwelik ontwerp is om daardie verhouding te weerspieël, is dit ook ’n verbond.

Net soos ons lede van die liggaam van Christus word, word ’n man en vrou een vlees – ten volle toegewy en hulle kies opofferende en volhardende liefde. Elkeen het die ander lief ten spyte van hulself.

Dit is ’n duur liefde, maar dit kom met ongelooflike voordele. Dit word ook gerugsteen deur God se beloftes. Hy is ’n sterk ondersteuner van julle huwelik, want Hy is die Meesterontwerper daarvan.

Geen huwelik is hooploos nie. Geen verbroke verbond is onherstelbaar nie. Geen verhouding is verby die punt waar dit herstel kan word nie. Bring julle gewillige harte na Hom toe, ontvang die leiding en krag wat Hy vir julle gee, en ervaar die bevrediging en vervulling wat Hy vir julle ontwerp het om te geniet in ’n huwelik wat werk.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Huwelik wat werk

God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/41173

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid