Leesplan inligting

’n Huwelik wat werkVoorbeeld

’n Huwelik wat werk

DAG 1 VAN 5

Die meesterstuk van die huwelik

Groot prestasies word nie sommer net bereik nie. Dit neem tyd en beplanning.

’n Argitektoniese meesterstuk begin met ’n bouplan. Dit staan eers trots in die lug ná jare se vaardige beplanning en konstruksie wat tot op die letter gevolg moes word.

Dit lyk dalk of ’n lewende organisme sommer net onstaan, maar dit neem vorm aan deur ongelooflik komplekse DNS wat elke detail van daardie organisme se lewe bepaal.

’n Kragtige motor, ontwerp deur die beste ingenieurs, benodig fyn instellings en hoë kwaliteit olie en brandstof om te ry soos dit moet.

Alles wat goed en mooi is, is goed en mooi ontwerp.

Die huwelik is ’n goeie en mooi instelling.

Dit is met die hand ontwerp deur die Meesterontwerper. Wanneer ons dit uitleef volgens sy ontwerp, kan die huwelik wonderlik vervullend wees. Wanneer ons sy ontwerp uit die oog verloor, loop ons die vreugde wat ons veronderstel was om te kry, mis.

Om die handleiding te volg, waarborg ongelukkig nie ’n maklike, probleem-vrye verhouding nie. Daar bestaan nie so iets nie! ’n Huwelik behels altyd werk, opoffering en baie genade.

God se instruksies maak wel sy doel duidelik. Dit stel ons in staat om dit te volg. Hy gee vir ons wat ons nodig het – nie net om ons huwelik te maak werk nie, maar ook om die seëninge daarvan te geniet.

Mans en vroue het spesifieke, maar oorvleuelende en gedeelde ondersteuningsrolle. Dit word beskryf in Efesiërs 5:21-33 — een van die duidelikste prentjies in die Skrif oor die huwelik.

Elke rol vereis dat jy:

  • Die ander persoon se behoeftes prioritiseer.
  • Die ander een se uniekheid respekteer.
  • Opofferende, onvoorwaardelike liefde uitdruk.

Hierdie instruksies kom uit die hart van liefde. Die Skepper van die huwelik wil hê ons moet ’n betekenisvolle, verrykende verhouding geniet.

Weier om so vasgevang te raak in die daaglikse detail van die huwelik dat jy die uiteindelike doel mis. Moet nooit die goddelike bloudruk uit die oog verloor nie. Die huwelik kom uit ’n hart van liefde aan harte wat ontwerp is om mekaar lief te hê (soos Hy ons liefhet).

Wanneer ons onsself in ooreenstemming met God se plan vir die huwelik bring, begin ons die geestelike, emosionele en fisieke eenheid wat vir ons ontwerp is om te geniet, beleef.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

’n Huwelik wat werk

God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/41173

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid