Leesplan inligting

Geloof vir elke dagVoorbeeld

Geloof vir elke dag

DAG 5 VAN 5

Dit is moeilik om jou voor te stel dat Jesus verwonderd was. Tog lees ons in Lukas 7:9 dat dit presies is wat gebeur het.

’n Romeinse offisier het Jesus na sy huis toe laat roep om Hom te vra om sy slaaf, wat baie siek was, gesond te maak. Voordat Jesus daar kon opdaag, het die offisier egter nog ’n boodskap gestuur. Hy het vir Jesus gesê hy verdien dit nie dat Jesus na sy huis toe kom nie, en hy glo Jesus het die mag om sy slaaf gesond te maak sonder om na hom toe te kom. Jesus was verwonderd oor hierdie offisier se geloof. Jesus was so diep geraak daardeur dat Hy daaroor gepraat het met die skare mense rondom Hom.

Dié offisier was nie die enigste mens wie se geloof Jesus so gevier het nie. Daar was ook die vrou wat Jesus gesmeek het om haar dogter gesond te maak (Matt. 15:22-28), die vier mans wat deur ’n huis se dak gebreek het om hulle verlamde vriend by Jesus te kry (Mark. 2:1-5), en ’n vrou wat geglo het as sy net aan Jesus se klere kon raak, sy gesond sou word (Matt. 9:20-22).

Hulle elkeen het Jesus op ’n ander manier genader, maar almal het na Hom toe gekom met ’n geloof wat Hom verwonderd gelaat het.

Sal Jesus verwonderd wees oor jou geloof?

Jesus, ek glo in U, maar ek wil selfs nog meer geloof hê. Maak my geloof in U sterker. Amen.

Hierdie oordenkings is geneem uit ’N BYBELDAGBOEK VIR MEISIES © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Geloof vir elke dag

Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Hierdie 5 oordenkings is ideaal vir laerskolers op hul eie of vir ouers om saam met hulle kinders te lees. Dit sal hulle herinner da...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid