Leesplan inligting

Geloof vir elke dagVoorbeeld

Geloof vir elke dag

DAG 1 VAN 5

Markus 9:14-29 vertel vir ons van ’n pa wat sy seun na die dissipels toe gebring het sodat hulle ’n bose gees uit hom kon verdryf. Die dissipels het probeer, maar hulle kon dit nie regkry nie. Toe kom Jesus daar aan. Die pa sê vir Jesus: “Kry ons tog jammer en help ons as U kan!” Jesus antwoord hom: “As Ek kan, sê jy. As ’n mens glo, is álles moontlik!” (Mark. 9:22-23). Nadat Hy dit gesê het, het Jesus die seun gesond gemaak.

Die woorde “as U kan” wys dat die man nie heeltemal in Jesus geglo het nie. Hoekom het Jesus die seun dan tog gesond gemaak? Die antwoord lê dalk in die pa se woorde: “Ek glo! Help my tog om nie meer te twyfel nie!” (Mark. 9:24). Soms is ’n klein bietjie geloof genoeg.

Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Wanneer jy net ’n klein bietjie geloof het, bid tot God en vra Hom om jou geloof groter en sterker te maak. Net dan kan God regtig in jou en deur jou begin werk.

Here, daar is dae wanneer my geloof sterk is en ander dae wanneer ek begin twyfel. Gee dat my twyfel nie sterker as my geloof sal word nie. Maak my geloof al hoe sterker, Here. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Geloof vir elke dag

Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Hierdie 5 oordenkings is ideaal vir laerskolers op hul eie of vir ouers om saam met hulle kinders te lees. Dit sal hulle herinner da...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid