Leesplan inligting

Geloof vir elke dagVoorbeeld

Geloof vir elke dag

DAG 2 VAN 5

Vandag se Bybelverse kom uit ’n brief wat Jakobus, Jesus se oudste broer, aan ’n groep Joodse Christene geskryf het. Jakobus het vir hulle gesê hulle moenie moed verloor nie. Hulle is sonder ophou gespot en sleg behandel omdat hulle aan hulle geloof in Jesus bly vasklou het. Hulle was moeg en uitgeput.

Jakobus het vir hulle ’n boodskap geskryf wat baie klink soos dié een van Petrus: “Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word” (1 Pet. 1:6-7).

God moedig ons vandag aan deur Jakobus en Petrus se woorde. Wanneer ons moeg is en swaar dra aan ons probleme en beproewings, kan ons bly wees omdat ons weet God is by ons. God belowe dat Hy ons nooit sal los of in die steek sal laat nie. Al wat Hy vra, is dat ons styf sal vashou aan ons geloof in Hom en nie moed sal verloor nie.

Vader-God, wanneer ek deur ’n moeilike tyd gaan, maak my geloof sterker. Wys vir my u genade, u deernis en u liefde. In U sal ek ware blydskap vind en ek loof U daarvoor. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Geloof vir elke dag

Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Hierdie 5 oordenkings is ideaal vir laerskolers op hul eie of vir ouers om saam met hulle kinders te lees. Dit sal hulle herinner da...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid