Leesplan inligting

Ken die WoordVoorbeeld

Know the Word

DAG 4 VAN 5


src="https://imageproxy.youversionapi.com/https://yv-partner-portal-
uploads.s3.us-west-2.amazonaws.com/zvyDzH2tCbGqepitMzKvD34u">



Die Woord van God maak dit duidelik: "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here" (Romeine 6:23). In Romeine 1:18-20 word onthul dat selfs diegene wat nie die Woord van God ken nie, 'n intuïtiewe kennis het van reg en verkeerd en God se oordeel teenoor sonde.


Daarom, vir enige iemand om in sonde te leef, soos uitgebeeld deur hierdie verlore seun, moet hulle mislei word. Dit is presies wat die Bybel sê in 2 Korintiërs 4:4 toe Jesus gesê het: "Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is". Hy het verwys na die misleiding wat verwyder is en die seun se geestelike oë wat geopen is.


Soos hierdie verhaal van die verlore seun, bring tragedie mense dikwels uit misleiding en tot hul sinne. Dit is nie dat God die tragedie stuur nie. God het deur die profeet Jeremia gespreek: "Jou eie optrede, jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring, dis jou boosheid wat dit so bitter maak, wat jou in jou hart tref" (Jeremia 4:18). Tragiese situasies illustreer egter duidelik dat "niemand kan self sy koers bepaal nie" (Jeremia 10:23), en dit veroorsaak dat ons elders na hulp soek. Alhoewel dit altyd voordelig is om na God te draai, ongeag wat die motivering verskaf, is "harde stampe" nie die beste leermeester nie.


Paulus het in 2 Timoteus. 3:16-17 gesê: "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk".


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Know the Word

Om die Woord ten volle te verstaan, moet jy van die Woord weet. Weet van die Woord en word geïnspireer deur hierdie 5-dag leesplan.

Ons wil graag vir Andrew Wommack Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.awmi.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid