Leesplan inligting

Ken die WoordVoorbeeld

Know the Word

DAG 2 VAN 5


src="https://imageproxy.youversionapi.com/https://yv-partner-portal-
uploads.s3.us-west-
2.amazonaws.com/UKraQMS9k1dM4p3o2HqkbTcy">



Deuteronomium 4:2 sê: "Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie ..." Hierdie selfde gedagte word in die Nuwe Testament in Openbaring 22:18-19 herhaal met baie swaar strawwe. Die godsdienstige mens is baie vinnig om die deel te onderhou om nie een van die gebooie van God te verminder nie, maar daar blyk 'n ongeskrewe wet te wees dat dit goed is om daarby te voeg. Elke denominasie het sy eie stel "moets en moenies" wat nie in die Skrif gevind word nie, en soos dié van die skynheilige Fariseërs, het hulle ongeskrewe wette gewoonlik met uiterlike voorkoms te doen.


Ons moet onthou dat om by God se gebooie by te voeg is net so erg as om daarvan weg te neem. Ons moet praat wanneer die Bybel praat en swyg wanneer die Bybel stil is.


Die gebooie van God en die tradisies van die mens is nie dieselfde ding nie en moet altyd duidelik van mekaar onderskei word. Enige poging om dit op dieselfde vlak te plaas sal altyd daartoe lei dat die Woord van God geen uitwerking het nie. Jy moet óf die gebod van God "tersyde stel" om die tradisies van die mens te onderhou, óf jy moet die tradisies van die mens "tersyde stel" om die gebooie van God te onderhou (Eksodus 20:3). Kerklike liturgie is tradisie, asook baie van die "moets en moenies" wat vandag deur kerke geleer word. Ons kan die positiewe krag van die Woord van God teenoor ons neutraliseer, en niks sal dit vinniger doen as om die tradisies van die mens bo die Woord van God te verhef nie. Dit staan vas dat die Woord van God betroubaar is (Romeine 3:3-4) en dit sal nie onverrigter sake na Hom toe terugkeer nie (Jesaja 55:11).


Die Woord sal niemand baat wat dit nie glo nie, maar die Woord van God self verloor geen krag nie. Indien sommige mense nie die Woord van God glo nie, maak dit God se Woord oneffektief? Die antwoord op hierdie vraag is 'n besliste "nee!" Die Woord van God het steeds sy krag om te red, en dit sal jou slegs baat wanneer jy dit met geloof kombineer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Know the Word

Om die Woord ten volle te verstaan, moet jy van die Woord weet. Weet van die Woord en word geïnspireer deur hierdie 5-dag leesplan.

Ons wil graag vir Andrew Wommack Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.awmi.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid