Leesplan inligting

Ken die WoordVoorbeeld

Know the Word

DAG 3 VAN 5


src="https://imageproxy.youversionapi.com/https://yv-partner-portal-
uploads.s3.us-west-2.amazonaws.com/sWJCvphkzxFCoDYP7Dt2Rxfb">



Jesus het twee keer gebid dat die Vader sy dissipels van die bose sou bewaar. In Johannes 17:17 openbaar Jesus die manier waarop God dit sal bereik — deur sy Woord — die heilige Skrif. Enigeen wat begeer om vir God te lewe, die duiwel te verwerp en die wêreld se stelsel te verwerp, moet die Woord van God ken.


Ons moet die Skrif bestudeer, want dit openbaar God se wil vir ons optrede en gesindhede. Om met die kennis van God se wil vervul te wees, moet ons met die Woord van God vervul wees. Die Woord van God is sy wil! Diegene wat onkundig is in Die Woord van God, sal vir God se wil onkundig wees.


Kennis van God se wil in die ontwikkeling van Christelike gedrag en karakter is noodsaaklik. Ons kan nie God se wil vervul as ons nie weet wat dit is nie. Die beginpunt vir enige Christen is om God se wil vir sy lewe te verstaan. Hoe kan 'n persoon sulke kennis bekom? Die eerste stap is om dit te begeer. Jeremia 29:13 sê: "Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra". Mense vra die Here vir kennis van sy wil, maar ontvang dit nie omdat hulle nie met HULLE HELE HART soek nie. Niemand wat ooit die Here met sy hele hart gesoek het, was ooit teleurgesteld nie.


Die Heilige Gees is die voorsiener van God se wysheid. Dit is deur Hom dat ons weet wat God aan ons geopenbaar het. Een van die primêre funksies van die Heilige Gees is om God se wil aan ons bekend te maak.


Ons kan nie waardig wandel voor die Here en Hom behaag as ons nie sy wil ken nie. Verder kan ons nie vrugbaar wees sonder die kennis van sy wil nie. God het alles voorsien wat ons nodig het om suksesvol en oorwinnend in hierdie lewe te wees. Glo sy Woord.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Know the Word

Om die Woord ten volle te verstaan, moet jy van die Woord weet. Weet van die Woord en word geïnspireer deur hierdie 5-dag leesplan.

Ons wil graag vir Andrew Wommack Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.awmi.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid