Leesplan inligting

Kapasiteit: Studente LeierskapVoorbeeld

Capacity: Student Leadership

DAG 3 VAN 5

Eksodus 3:1-12

God het Moses geroep om vorentoe te tree en die mense uit slawerny te lei, maar Moses wou dit nie doen nie, want hy het nie in homself geglo nie. Hy het nie gedink dat hy opgewasse is daarvoor nie. Moses het aangehou om met God te argumenteer en wou hê dat Hy iemand anders moes vind, maar God het Moses gekies om die leier te wees. Hoekom? Sommer.... want Hy is God en Hy kan enigiemand kies. Dit was nie omdat Moses enigsins spesiaal was nie.



Waar voel jy dat jy te kort kom? Watter areas in jou lewe laat jou voel dat jy nie opgewasse is daarvoor nie? Weet net - God sal jou vir groot dinge gebruik. Hy wil. Dit maak nie saak hoekom jy voel dat jy nie goed genoeg is nie. Oorwin jou onsekerhede en maak die keuse om God toe te laat om jou te gebruik. Hy wil hê dat jy vorentoe tree en lei, maar jy moet kies om die roeping te aanvaar. Ontgin dus vandag al die areas waarin jy dink jy te kort skiet. Gee dit oor aan God en bid dat God jou sal gebruik ten spyte van daardie dinge.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Capacity: Student Leadership

God het jou geroep tot groot dinge - nie net wanneer jy ouer word nie, maar nou dadelik. Hierdie plan sal jou aanmoedig en wys hoe dit lyk om vorentoe te gaan en leiding te neem daar waar jy op die oomblik in jou lewe is...

More

We would like to thank Switch, a ministry LifeChurch.tv, for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid