Leesplan inligting

Kapasiteit: Studente LeierskapVoorbeeld

Capacity: Student Leadership

DAG 1 VAN 5

Efésiërs 2:10

Selfs voor jou geboorte het God 'n doel en plan vir jou lewe gehad. Jy het nut en waarde in Hom gehad nog voor jy enige iets gedoen het. Hy wil jou gebruik om daardie doel en plan vir jou lewe uit te voer. Begin om te ontdek waarvoor God jou gemaak het. Waaroor is jy passievol in die lewe? Wat maak jou opgewonde? Dit kan 'n aanduiding wees van wat God vir jou bestem het om met jou lewe te doen.



Handelinge 9:1-15

Saul het 'n verskriklike verlede gehad. Hy het sy lewe daaraan gewy om Christene te vervolg, maar God het 'n plan vir sy lewe gehad. God het op die ou einde vir Saul, wat Paulus geword het, gebruik om die boodskap oor Jesus te versprei en die skrywe van die helfte van die Nuwe Testament word aan hom toegeskryf.



Jy moet weet dat jou verlede jou nie daarvan diskwalifiseer dat God jou op ongelooflike maniere kan gebruik nie. Dit maak nie saak waardeur jy is, wat jy gedoen het, of wie jy was nie. God kan en sal jou gebruik. Aan watter dinge uit jou verlede hou jy vas? Laat dié dinge gaan en laat toe dat God in jou lewe werk.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Capacity: Student Leadership

God het jou geroep tot groot dinge - nie net wanneer jy ouer word nie, maar nou dadelik. Hierdie plan sal jou aanmoedig en wys hoe dit lyk om vorentoe te gaan en leiding te neem daar waar jy op die oomblik in jou lewe is...

More

We would like to thank Switch, a ministry LifeChurch.tv, for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid