Leesplan inligting

Wen die Oorlog teen BekommernisVoorbeeld

Winning the War on Worry

DAG 1 VAN 7

Bekommernis is 'n Leuenaar

Hierdie 7-dag leesplan is 'n reis wat ontwerp is om vir jou praktiese hulpmiddels te gee wat in die waarheid van die Skrif geanker is, om jou te help om die oorlog teen bekommernis in jou denke te oorwin. Kom ons begin deur vas te stel wat jou snags wakker hou. Wat is die gedagtes wat in jou kop rondmaal wanneer jy probeer slaap? Finansies? Verhoudinge? Loopbaan? Skryf hierdie gedagtes neer, ons sal dit oor die volgende paar dae deurwerk terwyl ons leer om dit met Bybelse waarhede te vervang.


"Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie" Matteus 6:25-26, 34.


Die wortel van bekommernis is vrees. En vrees kom nie van God af nie. Die kern van bekommernis is dus die vyand. Hieroor is die Skrif duidelik — die duiwel is 'n leuenaar (Johannes 8:44). Sê hardop die leuens van bekommernis wat jou pla en hou aan om daardie leuens aan God oor te gee, terwyl jy dit vervang met die waarhede uit sy Woord. Uit die lys bekommernisse wat jy hierbo neergeskryf het — wat is die leuen wat die vyand wil hê jy moet glo? Hoe kan jy die verse van Matteus gebruik om daardie leuens met waarheid te vervang?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Winning the War on Worry

Hierdie sewe-dag leesplan is gebaseer op Louie Giglio se boek, "Winning the War on Worry: Cultivate a Peaceful Heart and a Confident Mind". God is groter as vrees en alle verwante emosies — depressie, angs, paniek en bek...

More

Ons wil graag vir HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://louiegiglio.com/book/winning-the-war-on-worry/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid