Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Toe Jou Geboorteverhaal Nie Volgens Verwagting Verloop Het NieVoorbeeld

Living Changed: When Your Birth Story Didn’t Go As Expected

DAG 7 VAN 7

Die Regte Stap Vorentoe

Soos die leesplan ten einde loop, kan jy vir 'n oomblik stilstaan en erken dat jy bokant uitdagende omstandighede kan uitstyg. Nie net getuig die verhaal van jou baba se geboorte ‘n moeilike ondervinding nie, maar jy is ook ernstig besig om deur die gepaardgaande trauma te werk om by genesing uit te kom.


Hou aan om God uit te nooi om deel van jou pyn te wees. Jy hoef nie eers al die stukke van jou lewe op te tel voordat jy Jesus nader nie. Alles van jou is belangrik vir Hom, selfs dit wat jy as onvolmaak sien. Moenie ophou om Hom daagliks bo alles te soek nie. Hy sal die intense seer in jou hart binnedring en genesing bring.


Probeer onthou daar is niks mee verkeerd om nie “normaal” te voel gedurende die tyd wat jou psigiese trauma genees nie, want dit wat jy ervaar het is nie normaal nie. Gun jouself tyd om te genees en leef ten volle bewus van jou emosies. Skep vir jouself ruimte om alles te verwerk en herinner jouself voortdurend daaraan dat jy moeilike tye kan oorwin.


Jy is ‘n vrou met ‘n roeping. Jy is ‘n vegter. Met selfvertroue kan jy deurdruk en genesing vind, want jy is nooit alleen nie. Die Skepper van die hemel en die aarde is langs jou en veg vir jou. Vader kan en sal dit waarmee die duiwel beplan het om jou te skaad, tot jou eie beswil laat meewerk.


Ek het eenkeer die volgende aanhaling van die outeur en pastoor, Alan Redpath, gehoor: “Daar is niks — geen situasie, geen moeilikheid, geen beproewing — wat my kan tref as God en Christus dit nie toelaat nie. Indien dit op die gesag van God en Christus berus, dan is daar ‘n wonderbaarlike doel daarmee, wat ek dalk nie dadelik verstaan nie. Weier ek om paniekerig te raak, my oë op Hom te rig en te aanvaar dat dit vanuit God se gesag kom as ‘n wonderbaarlike geestelike seën, sal geen leed my ooit ontwrig nie, want die vreugde wat ek in die Here vind sal my gemoedsrus gee — oorwinning gekenmerk deur innerlike vrede."


Alhoewel dit wat met jou gebeur het nie regverdig voorkom nie, kan jy kies om op God se goedheid te vertrou en te fokus op die regte stap vorentoe.


Jy het alreeds ‘n belangrike stap geneem: deur hierdie leesplan deur te werk het jy nie outomaties jou eie behoeftes en begeertes prys gegee nie. Wel, wat is die volgende stap? Miskien is dit om met vrymoedigheid om hulp te vra. Miskien moet jy bevestiging uit die Woord neerskryf wat jou herinner aan die waarheid in God se Woord en hulle teen jou spieël ophang waar jy dit elke dag sal sien. Of, miskien moet jy werk maak daarvan om meer genadig met jouself te wees en ten volle bewus van jou emosies te leef.


Ongeag die stap wat jy vorentoe neem, onthou God se Woord is ‘n lamp vir jou voet. Bring tyd saam met Hom deur en Hy sal jou lei in alles wat jy uitvoer. As jy nie weet wat om te doen nie, wend jou tot Hom. As jy moeg is, gaan na Hom toe. As jy bang, ontmoedig of angstig voel, reik na Hom uit. Al voel jy swak, Hy maak jou sterk. Moenie bang wees om vir jou genesing te veg nie. Die God van die heelal is aan jou kant.


Dierbare Vader, dankie vir wie U is. Ek is so dankbaar dat ek op u onveranderlike karakter kan staatmaak. Dankie dat U my sien, my liefhet en besorg is oor wat ek ervaar. Ek nooi U uit om deel te word van my genesingsproses en ek vra u hulp om die regte stap vorentoe te neem. In die Naam van Jesus, Amen.


Ons gebed is dat God hierdie leesplan gebruik het om die Woord in jou hart te anker.
Verken ander leesplanne van "Living Changed Bible".
Kom meer te wete oor "Changed Women’s Ministries".


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: When Your Birth Story Didn’t Go As Expected

Ons almal het ‘n voorstelling van hoe ons dink ons swangerskap en die geboorteproses gaan verloop. Wanneer die realiteit ons voorstelling weerspreek, kan dit intense hartseer veroorsaak. Of die geboorteproses moeilik was...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid