Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 6 VAN 25

"Moenie Vrees Nie"



Kersfees is veronderstel om die wonderlikste tyd van die jaar te wees; oral is alles pragtig versier! Daar is partytjies om by te woon, die radio speel vrolike musiek en daar is 'n oordaad van kos en geskenke. Ongelukkig is daar ook 'n ander kant aan die vakansietyd.



Vir baie mense is Kersfees ook 'n tyd van diepe eensaamheid, spanning en vrees. Dalk het jy iemand verloor, gaan jy deur 'n egskeiding of is jy bekommerd hoe jy finansieël kop bo water gaan hou, en dan praat ek nie eens van geskenke onder die Kersboom nie. Die samelewing se weergawe van die vakansietyd kan nogal oorweldigend wees, en angstigheid en depressie veroorsaak.



Nietemin, hierdie gevoelens is nie buitengewoon in ons huidige kultuur nie. Sedert die eerste Kersfees, skuil bekommernis en vrees al in die agtergrond. Daar was baie dinge vir die karakters in die Kersverhaal om oor bang te wees. Josef, Maria, die skaapwagters en die wyse manne het almal geleef in 'n wêreld wat met vrees en onsekerheid gevul was. God was daarvan bewus en het dus sy engel Gabriël gestuur om die goeie nuus van 'n Verlosser te bring. Elke keer wat Gabriël die boodskap gebring het, het hy begin met: "Wees nie bevrees nie."



Wat kan ons hieruit leer? Eerstens: ek is seker dat engele nogal skrikwekkend is! Tweedens: selfs in die vreesaanjaendste omstandighede, het God 'n plan. Hierin lê die wonder van Kersfees. Jesus, wat in 'n stal gebore is, in die woestyn, onder die regering van 'n tiran, was die Hoop van die mensdom. Dit is wat ons vier. Ongeag wat in ons lewens of in die wêreld gebeur, bly Jesus ons hoop.



Jessica Arnette

Care Network

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid