Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 8 VAN 25

"Die Mooiste Kerslied"



Watter een is jou geliefkoosde Kerslied? Ek wed jou as ek vra dat jy dit nou fluit of neurie, jy die melodie maklik sal regkry. Soos jy weet, is 'n melodie 'n reeks individuele note wat opeenvolgend gespeel word om 'n lied te skep.



Dink nou aan jou geliefkoosde uitvoering van daardie lied. Ek wed jou weer dat jy aan 'n weergawe gedink het wat pragtige harmonië insluit, deur stemme of instrumente.



'n Harmonie vorm wanneer twee of meer note wat verskillend klink, saamgevoeg word om 'n voller en pragtiger klank voort te bring. Dit is so dat jy net 'n melodie nodig het om 'n eenvoudige liedjie te skep, maar dis harmonie wat 'n lied in geheel vorm gee.



'n Melodie gee lyf aan 'n liedjie.



'n Harmonie gee siel aan daardie lyf.



Jesus se geboorte het harmonie in 'n wêreld van individuele liedjies gebring. Die mensdom kon nooit sy volle potensiaal en voortdurende hunkering na betekenis bereik nie.



Ons het Jesus nodig gehad om dit te verander. Deur sy geboorte, offer en opstanding, is ons nou meer as bloot individuele note. Dis soos my geliefkoosde Kerslied, O Heilige Nag, dit stel:



Lê die wêreld lank in sonde en dwaling,

Tot sy verskyning het die siel sy waarde gevoel.



Jesus het ons in harmonie met God die Vader gebring. Hy maak ons liedere pragtig.



Dit eindig egter nie hier nie. Ons is nou nie net in staat om in harmonie met ons Skepper te lewe nie, maar ons is geroepe om die harmonie vir die wêreld te wees. Paulus stel dit ten beste in sy brief aan die Romeine ...



"Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie"–Romeine 12:16.



God roep ons nie om slegs 'n bondel verskillende melodië te wees wat met mekaar wedywer in 'n poging om die mooiste lied te wees nie. Hy roep ons om in harmonie te lewe–om almal bymekaar te bring en so 'n verenigde lied te skep wat Hom verheerlik.



Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal bymekaar kom, maar dis maklik vir ons aandag om deur ons verskille afgelei te word. Vra vir God om in hierdie maand jou harmonie met Hom duidelik te maak en dank Hom daarvoor. Oordink ook dat harmonie vir hulle wie se liedere hunkerend is, net mooier gemaak word.



Cory Draper

Media

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid