Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 1 VAN 25

"Trippel van Afwagting"



Voor ek en Julie getroud is, het ons geweet dat ons kinders wil hê. Na drie jaar se getroude lewe, was ons gereed. Deur die loop van die volgende drie jaar kon ons net nie swanger raak nie. Ons is elke maand, vir 36 maande, aan ons worsteling met onvrugbaarheid herinner.



Op 'n dag het ons uitgevind dat Julie swanger was! Aangesien ons reeds drie jaar hiervoor gewag het, sal jy aanvaar dat nog nege maande seker maklik sou wees. Verkeerd! Dit het soos 'n ewigheid gevoel. Ons kon nie wag om die dogtertjie oor wie ons so gedroom het, te ontmoet nie!



Het jy al hierdie soort afwagting ervaar? Jy sit op die puntjie van jou stoel, maar jy kan nie stil sit nie. Dis al waaroor jy kan praat. Die profeet Jesaja het mense aangespoor tot hierdie soort afwagting. Hy het vertel van 'n Verlosser wat eendag sou kom. Hy noem Hom "Wonderbare Raadsman," "Magtige God," "Ewige Vader," "Vredevors." Hy vervolg: "Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring..." (Jesaja 9:5-6).



Praat van goeie nuus vir almal. Praat van trippel van afwagting! Dit is hoe die Adventtyd veronderstel is om te voel. Ons vier die geboorte van die Persoon wat vir ons kan doen wat niemand anders kan nie: om ons uit die duisternis na die lig te bring, van die dood na die lewe.



Die dae wat Kersfees vooruitgaan is veronderstel om met hierdie trippelende afwagting gevul te wees. Miskien verwag jy iets goeds op Kersfees—daardie geskenk wat jy so graag wil hê, die saamwees met vriende en familie, of daardie spesiale Kersfeestradisie. Of dalk is jy in afwagting vir iets minder aangenaam: 'n volgepakte dagboek, 'n hartseer herinnering, 'n beëindigde verhouding, of daardie lastige familielid.



Wat as hierdie Kersfees anders is? Wat as jy hierdie Adventtyd kon deurbring in afwagting van iets wat jou gelukkig, tevrede, vervuld en geliefd laat voel? Jy kan.



Kom ons vestig ons afwagting op Jesus—ons Redder, ons Hoop, ons Verlosser, ons Geneesheer, ons ewige Redding, God met ons. Jesus is gebore! Vir jou! Kom ons staan saam en trippel in afwagting van Jesus. Hier is twee maniere:



1. Dink elke dag aan die naam Jesus, en laat jou gedagtes toe om daarvandaan verder te gaan.

2. Sluit by ons aan terwyl ons personeel ons deur hierdie oordenking lei: Die Betowerende Kersfees.



Ek kan nie wag nie. Ek hoop jy staan en trippel ook al!



Casey Ross

Ministry Services

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid