Leesplan inligting

21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 5 VAN 21

Trots

Ons het dit gemaak tot die vyfde dag om ons ons van onsself leeg te maak. Dit was nie maklik nie!


Hoeveel keer het God ons gevra om iets te doen, en ons het dit óf nie gedoen nie óf ons het dit halfpad gedoen? Dit is trots. Dit is ons wat sê: "Ek is God, en ek weet wat die beste vir my is in hierdie situasie."


Trots vier hoogty in vandag se wêreld. Trots op persoonlike aansien, trots op inkomste, trots op vermoë, trots op familie, en soveel meer. Hierdie trots draai ons weg van God en laat ons fokus op onsself en wat ons kan bereik.


In Jakobus 4:6-8 sê Jakobus dat God die hoogmoediges teëstaan en guns aan die nederiges bewys. Ons moet onsself verootmoedig in die aangesig van die Here om sy guns te ontvang. Wanneer ons besef alles wat ons het en alles wat ons bereik het, 'n seën van die Here is, het ons geen plek vir trots nie.


Spreuke 16:18 dra by tot die gevaar van trots deur te sê: "Op hoogmoed volg ondergang,
op selfverheffing volg die val." Trots lei tot vernietiging! As ons weet dat dit waar is, hoekom bly ons trots op onbeduidende dinge in ons lewens?


Om oorvloedige lewens te lei, moet ons van trots ontslae raak. As ons Geesvervuld wil wees, is daar nie plek daarvoor nie. Bid en vra die Here om enige verborge trots in jou lewe te openbaar sodat jy Hom meer volledig kan volg.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe ...

More

Ons wil graag vir Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid