Leesplan inligting

21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 21 VAN 21

Die Volheid van God

Ons geloof moet uitreik na 'n plek waar ons glo dat God groot dinge vir ons in die vooruitsig het, as ons bereid is om daarvoor te vra. Om by hierdie plek uit te kom, moet ons berou hê oor enige klein denke. Ons is almal skuldig daaraan. Ons is almal skuldig daaraan dat ons God se patroon probeer voorspel het. Ons het almal probeer om die manier te voorspel waarop Hy die ding waarvoor ons vra, kan bereik. Dikwels volg Hy glad nie die patroon waaraan ons gedink het nie. Dit is omdat ons denke te klein was.


Efesiërs 3:20, stel dit perfek. "Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink." God is genoeg. Die situasie, of die leemte, of die gebrek maak nie saak nie, Hy is genoeg. Hy is in der waarheid meer as genoeg.


Ons moet weet dat vyf brode en twee visse meer as genoeg is om duisende te voed. Ons moet weet dat om ons nette aan die ander kant van die boot uit te gooi die massiewe vangs sal meebring waarvoor ons so hard gewerk het. Ons moet groot genoeg dink om God te vra om groot in ons situasie op te daag en Hom nie tot ons vermoëns beperk nie. Ons moet uit die ingesteldheid kom dat dinge op 'n sekere manier moet wees. Sy weë is hoër as ons weë; sy gedagtes is hoër as ons gedagtes. Om in oorvloed te wandel, moet ons onsself posisioneer om die volheid van God te ontvang. Ek belowe jou, dit sal meer wees as wat jy ooit gedink het dit kan wees.


Kolossense 2:8-10 waarsku ons om nie vasgevang te word in teorieë en argumente wat misleidend is nie. Ons kan onsself nie laat vergeet dat ons DIE almagtige, alwetende, alomteenwoordige Here van die heelal dien nie. Ons moet klein denke weier en oop wees vir die groot, wonderlike, bonatuurlike dinge wat God in en deur ons wil doen!


Dit is oorvloed. Ons hoef nie te weet hoe, wanneer, waar of met wie dit gaan gebeur nie. Ons moet net op God vertrou om dit tot ons beswil en sy eer te bewerkstellig. Dit is tyd om ons planne weg te gooi. Wanneer ons dít doen, sal ons wonderwerke sien.


Dit is tyd om die oorvloedige, Geesbemagtigde lewe wat God bedoel het vir jou om te leef, te erken en te koester. Dit is tyd om oorvloedig te wees tot eer van God!


Jou reis eindig nie hier nie. Dit is net die eerste 21 dae van jou reis tot oorvloed. Neem nou die beginsels waaroor in hierdie leesplan geskryf is en pas dit toe op jou daaglikse lewe.


Honger vir meer? Kyk na Jeremiah Hosford se "21 Days to Overflow". Hierdie boek bespreek die 21 dae van hierdie leesplan in meer besonderhede en gee jou verdere instruksies vir dag 22 en daarna.


Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe ...

More

Ons wil graag vir Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid