Leesplan inligting

21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 7 VAN 21

Onvergewensgesindheid

Onvergewensgesindheid is goddeloos. Dit is geestelik, emosioneel en fisiek vernietigend. Dit bly neem en neem en gee niks terug nie. Wat meer is, ons sien uit die Skrif dat ons vergifnis deur God daarvan afhanklik is dat ons ander vergewe. Die ewigheid, letterlik hemel en hel, hang in die weegskaal van ons bereidwilligheid om te vergewe. Die lot van ons siele berus op ons besluit om mekaar te vergewe, of nie te vergewe nie.


Matteus 6:14-15 maak hierdie beginsel baie duidelik. Wanneer ons ons broers en susters vergewe wat teen ons gesondig het, sal God ons vergewe. Maar wanneer ons nie vergifnis toon nie, sal God ons nie vergewe nie.


Efesiërs 4:32 gaan voort om te sê ons moet die vergifnis toon wat God ons deur Christus bewys het. Ons moet medelye aan ons broers en susters toon. Hoe kan ons nie? Ons het onverdiend die vergifnis van God ontvang. Hoe kan ons moontlik sê dat iemand anders nie ons vergifnis werd is nie?


Verstaan dit: ons vergewe nie ander vir hulle onthalwe nie. Ons vergewe hulle vir ons eie onthalwe. Ons gebrek daaraan om 'n persoon te vergewe, hou hulle nie vasgeketting nie. Dit hou ons vasgeketting. Daar is 'n vryheid wat kom wanneer ons vergewe. Terwyl ons vandag bid, sal die kettings van ons af val. Selfs as mense ons nooit vergewe nie, maak dit nie saak nie. Ons sal vry wees. Ons sal reggemaak wees voor God.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe ...

More

Ons wil graag vir Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid