Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 8 VAN 9

Die voordele van Bybelse Gemeenskap: Ons staan mekaar by in moeilike en swaar tye

Ek het mense om my nodig wanneer die onafwendbare krisisse van die lewe my tref en ek nie alleen wil wees nie. Daar is situasies waardeur niemand van ons alleen behoort te gaan nie.

Niemand behoort alleen buite ‘n teater te wag as ‘n geliefde vir ‘n baie ernstige operasie gaan nie.

Geen vrou behoort alleen te wag vir die uitslae van die laboratorium na ‘n problematiese swangerskap nie.

Geen persoon behoort alleen langs ‘n oop graf te staan nie.

Niemand behoort alleen by die huis te wag vir die ondernemer om die liggaam te kom wegvat van ‘n geliefde wat pas dood is nie.

Niemand behoort alleen te wees die eerste aand na hulle man of vrou dood is nie.

Niemand behoort alleen geliefdes wat emigreer by die lughawe af te sien.

Daarom is dit so goed om deel van ‘n Bybelse Gemeenskap te wees en ‘n groep vriende by die kerk te hê wat jou eerste linie van verdediging is en wat jy kan bel as jy iemand nodig het. Dis nou tyd om vir jou ‘n vangnet te bou. Om ‘n netwerk van ondersteuners te hê vir wanneer die onafwendbare dinge jou tref.

As iemand goeie nuus gekry het vier ons dit en is saam met daardie persoon bly. En as dit sleg gaan staan ons stil en is saam met die persoon hartseer. Onthou net, niemand verwag jy moet al die antwoorde hê en al hulle probleme oplos nie. Hulle wil net hê jy moet dáár wees. Ons is dikwels skrikkerig om na mense toe te gaan wat pas ‘n geliefde verloor het of deur ‘n moeilike tyd gaan, want ons voel onbeholpe, magteloos en het nie die regte woorde nie. Maar sit net daar by hulle, sit ‘n arm om die skouer, huil saam as dit moet, maar wees net daar. Lank na die tyd sal hulle nie onthou wat jy gesê het nie, maar hulle sal onthou dat jy daar was!!! Bybelse Gemeenskap is God se antwoord.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid