Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 5 VAN 9

Die voordele van Bybelse Gemeenskap: Ons help mekaar groei

Ons het mekaar nodig om geestelik te groei. Ons almal wil tog groei. Niemand van ons wil hopelik bly waar ons is en stagneer nie. Die Bybel vergelyk die Christelike lewe dikwels met ‘n “wandeling”, ‘n wandel met God. Hoekom? Want die lewe is ‘n reis. Wat sou jy sê is die belangrikste deel van ‘n reis? Die reis of die bestemming? Wel, nie een van die 2 nie, die geselskep is die belangrikste.

Jy mag dalk daarvan hou om alleen te loop, maar die punt is dat dit nodig is dat ander saam met jou loop.

Kom ek gee 3 redes:

1. Dis veiliger – Jy is minder blootgestel. Moes jy al ooit alleen in die donker deur ‘n park of in ‘n donker straat loop? Dis skrikwekkend. Maar saam met ander het jy meer moed. En so is die lewe ook net minder skrikwekkend as ons dit saam met ander doen. Prediker 4:12: “Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied.” Daar is krag in getalle. Ons is net sterker saam.

2. Dis ondersteunend. Dit help jou om nie so maklik op te gee nie. Daar is ‘n Zambiese spreekwoord wat sê: As jy alleen hardloop, hardloop jy vinnig. Maar wanneer jy saam hardloop, hardloop jy ver.” Die lewe is nie ‘n 100 m naelloop nie, dis ‘n maraton en jy wil dit maak tot die einde toe. Die enigste manier hoe jy dit gaan maak tot op die einde van jou lewe, soos God wil hê jy moet, is as ander mense in jou lewe betrokke is.

Dis veiliger. Dis meer ondersteunend en ...

3. Dis slimmer. Jy leer meer deur saam met ander deur die lewe te gaan, as wat jy sou as jy alleen gegaan het.

Spreuke 28:26: "Wie op homself vertrou, is ‘n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.” As jy alleen deur die lewe loop het jy niemand om te sê: "Haai, ons is van die pad af "of "Ons het verkeerd geloop" nie. Die Bybel sê as ons ‘n klomp saam is kan ons mekaar reghelp.

Ek het ander mense nodig om te kan groei. Ek kan nie groei sonder ander nie.

Met wie omring jy jouself wat jou help groei?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid