Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 3 VAN 9

Bybelse gemeenskap: Begin by “Hoekom”.

‘n Klompie jare gelede het Simon Sinek ‘n "TED Talk" gehad met die titel “Start with why.” Die "TED Talk" het soos ‘n veldbrand versprei. Daarin maak hy die punt dat mense nie so geïnteresseerd is in WAT jy doen, as HOEKOM jy iets doen nie. Dis hoekom ‘n produk soos "APPLE "so goed doen – hulle fokus op die HOEKOM meer as die WAT en mense koop in daarop.

Dis ‘n wonderlike insig, maar ook bietjie skrikwekkend, want die meeste van ons weet nie hoekom ons iets doen nie. Kom ek gebruik een van die belangrikste vrae in die kerk as voorbeeld: Hoekom kom ons op ‘n Sondag kerk toe en nie op ‘n Saterdag soos die Ou Testament wat sê dat die sewende dag ‘n rusdag is nie? Het jy die antwoord? Nie? Goed, dink ‘n bietjie daaroor na ...

Tog het die eerste gelowiges geweet HOEKOM hulle gedoen het WAT hulle gedoen het. En wat hulle gedoen het was "KOINONIA" = Bybelse gemeenskap.

Handelinge 2:42-47: “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede ... En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.”

As ons in tyd kon teruggaan en saam met hulle in hul huise kon sit en vra hoekom hulle doen wat hulle doen, sou hulle sonder huiwering gesê het: "Jesus is ons hoekom”. Ons glo dat ons moet lewe soos wat Jesus ons gewys het om te lewe. Jesus was die HOEKOM van alles wat hulle gedoen het.

Is Jesus ook ons HOEKOM, is Hy ook die rede hoekom ons doen wat ons doen? Want as ons nie weet hoekom ons doen wat ons doen nie, hoekom doen ons dit dan; hoe sal ons geloofwaardig kan lewe en ander kan oortuig van die die lewe wat ons in Jesus lewe?

Dink ‘n oomblik na oor jou “hoekom”.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid