Leesplan inligting

KOSBAAR — Respek en EerVoorbeeld

PRICELESS: Respect & Honor

DAG 5 VAN 5

KOSBAAR



Die Bybel beskryf verskeie gebeurtenisse waar Jesus teen die grein van sy samelewing beweeg het om diegene wat as waardeloos deur die gemeenskap beskou word, as kosbaar en waardevol te bevestig. Vandag kyk ons na net een van die Skrifgedeeltes.



Lees Johannes 8:2-11


Jesus sien die vrou as 'n persoon, terwyl haar aanklaers haar sien as 'n middel om vir hul eie doel te gebruik. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het hard probeer om Jesus te kry om Homself te diskrediteer as die Messias. Hulle het die perfekte middel gekry: 'n sondige vrou wat gemanipuleer kon word om uitgevang te word deur seks te hê met 'n man met wie sy nie getroud was nie. ('n Mens wonder wat het van die man geword met wie sy seks gehad het — sy straf moes ook dieselfde gewees het!)



Jesus het nie direk die aanklaers of die vrou geoordeel nie maar Hy het 'n kans op 'n herbegin aangebied. In hierdie ontmoeting moes Jesus 'n fyn balans handhaaf om nie 'n "Regter" te wees nie en ook om sonde nie oor te sien nie. 'n Treffende deel van die storie is dat Jesus die vrou as gelyke teenoor haar aanklaers behandel. Hy praat met albei oor sonde — en as jy daaroor nadink, nooi Hy albei om hul ou maniere op te gee en die lewe van voor af te begin.
1. Hoe kan jy weet dat iemand jou gebruik vir hul eie voordeel?
2. Wanneer is jy in staat om verby 'n persoon se voorkoms of status te kyk en met hul as 'n "opregte" persoon te verkeer?
3. Wanneer is jy die minste in staat om dit te doen?
4. Wat kan jy doen om erkenning te gee vir die kosbare waarde van elke persoon wat jy teëkom?



Neem 'n oomblik om na vandag se musiekvideo van "for KING & COUNTRY" te kyk. Die geselekteerde lied PRICELESS is nou ook 'n bekende rolprent. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

PRICELESS: Respect & Honor

Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: pricelessthemovie.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid