Leesplan inligting

KOSBAAR — Respek en EerVoorbeeld

PRICELESS: Respect & Honor

DAG 3 VAN 5

BESKERMING VAN DIE PRINSES — RIDDERLIKHEID IN AKSIE

Van die invloed van beroemdes wat hulle liggame bemark, tot die media magnate van New York Stad wat skoonheid gebruik om produkte te verkoop, tot die persoon wat sy pornografiese webblad opstel, tot die onmenslike sekshandelaars ... een ding wat hulle almal in gemeen het, is om vroue wat veronderstel is om hooggeag te wees, te sien as 'n voorwerp om gebruik te te word (miskien besit te word in plaas van gebruik te word). Ridderlikheid kom nie maklik nie; in plaas daarvan moet dit gekies, geoefen en doelbewus gedoen word.



Kyk na vandag se video.



Lees Romeine 12:9-13 
1. Kan jy aan situasies dink waar liefde "onopreg" kan wees?
2. Hoe reageer jy teenoor "boosheid" (dink aan die onthulling van die videos wat jy nie wil hê jou ouers moet ontdek nie — daardie soort ding)? Wil jy dit verdra, verskoning maak daarvoor of daarvan wegkyk — of "haat" jy dit?
3. Op watter maniere het jy gesien hoe ander mans ander bo hulself "vereer"? Dink jy dat jy daardie vaardighede kan ontwikkel?
4. Om te deel wat jy het — die dinge wat jy besit, jou talente, jou tyd en jou aandag — is duidelik deel van hierdie Skrifgedeelte. Hoe kan ouens wys dat hulle 'n gee-en-deel-gesindheid het?



Lees Handelinge 20:35
1. Het jy opgelet wat dit vereis om die swakkes te help? (Harde werk)
2. Hoekom neem dit soveel moeite om die swakkes te help?
3. Wat is die beloning om soveel energie te bestee?



Lees 2 Timoteus 2:22 
1. Hoe definieer jy "begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring"?
2. Hoe kontrasteer daardie dinge met geregtigheid, geloof, liefde en vrede?
3. Hoe kan jong mans aan jong vroue daardie Goddelike kwaliteite wys?
4. Neem kennis dat hierdie strewe nie alleen gedoen moet word nie. Hoe gee jou vriende aanmoediging vir die ontwikkeling van 'n ridderlike hart?



Ridderlike mans kommunikeer deur hul aksies, dade en woorde dat vroue nie net artikels, weggooibare speelgoed of gereedskap is wat gebruik kan word nie. Mans met integriteit wys eerder deur hul aksies dat vroue koningskinders is, die prinses van die mees Hoë Koning wat waardige optrede verdien – optrede wat hulle ware posisie weerspieël.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

PRICELESS: Respect & Honor

Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: pricelessthemovie.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid