Leesplan inligting

KOSBAAR — Respek en EerVoorbeeld

PRICELESS: Respect & Honor

DAG 1 VAN 5

RIDDERLIKHEID — DIE VERLORE KUNS VAN HOE OM 'N WARE MAN TE WEES:



Ons begin hierdie oordenking deur na ridderlikheid te kyk. Ridderlikheid strek verder as om net 'n "heer" te wees en deure oop te maak vir vroue. Dit was oorspronklik 'n gedragskode aangeneem deur die ridders in Middeleeuse tye as 'n reaksie op die geweld en barbaarsheid van die era. Die gedragskode het veel meer te doen met 'n individu se karakter en hart, want as 'n ware ridder beskerm hy die regte van die swakkes en vertoon krag, karakter en moed.  'n Ridderlike man was bekend vir sy onwankelbare sin van integriteit, lojaliteit, geloof en gewilligheid om sy eie persoonlike regte in respek vir vroue neer te lê.  



Kyk na vandag se video



Lees Kolossense 3:12-14

1. Ons kies gewoonlik versigtig wat ons dra — ons maak 'n persoonlike stelling teenoor enige een wat ons paaie kruis. Hoe kan die deugde in vers 12 soos die klere wat ons dra wees?
2. Hoe trek 'n man hierdie deugde as klere aan?
3. Wat is jou interpretasie van die woorde "verdra mekaar"? 



Lees Romeine 15:1 

Hier is daardie "verdra mekaar" frase weer! Hierdie keer met meer besonderhede. 
1. Hoe reageer jy gewoonlik op die "swakhede van die swakkes"?
2. Watter soort swakheid dink jy het Paulus in gedagte gehad toe hy die frase "die swakkes" gebruik het?
3. Die teenoorgestelde om die swakkes se swakhede te verdra, is om op 'n manier te reageer om "onsself te plesier". Op watter manier gebruik ouens meisies vir hulle eie plesier?



Lees Johannes 15:12-13 
1. Hoe het Jesus sy volgelinge "liefgehad"?
2. Watter aanduiding gee dit vir jou van hoe ons ander moet liefhê? 



Lees 1 Petrus 3:7 
1. Waarom is hierdie vers nie minagtend teenoor meisies nie?
2. Beskryf wat dit sou beteken om meisies "met begrip" te behandel?
3. Indien iemand die term "swakker geslag" sou sien as 'n breekbare kosbare vaas (die beter interpretasie) teenoor iets wat minder bekwaam is, hoe sou dit 'n ou se siening van meisies en die manier waarop meisies behandel word, kan verander?
4. Hoe kan ouens eer uitdruk/betoon aan meisies sonder om hul minderwaardig te laat voel?
5. Wat is algemene maniere van minagting wat ouens teenoor meisies in ons samelewing demonstreer?



Jong mans van vandag het nodig om met vrymoedigheid na vore te tree en elke individu te behandel soos God hulle sien — van onskatbare waarde.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

PRICELESS: Respect & Honor

Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: pricelessthemovie.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid