Leesplan inligting

Die Kuns van OorlewingVoorbeeld

Die Kuns van Oorlewing

DAG 5 VAN 5

Jy is nie ʼn slagoffer nie

Daar is ʼn groot verskil tussen slagoffers en oorwinnaars. Slagoffers kyk na die wêreld deur die bril van “ek” en “nou”. Oorwinnaars beskou egter die lewe deur ʼn Godgegewe bril wat verder, hoër en dieper kan kyk. Hulle kies blydskap te midde van teenspoed, vra vir God se wysheid, beskou dinge vanuit ʼn ewigheidsperspektief en word deur liefde gemotiveer.

As jy die bril van ʼn oorwinnaar opsit, het jy alles wat jy nodig het om ontmoediging te oorkom.

Jy gaan egter moet veg daarvoor. Wanneer jy teenspoed kry, is daar drie wapens, of vrae, tot jou beskikking:

  1. Berus my geloof op dinge wat verganklik is of dinge wat onverganklik is?
    Herevalueer jou omstandighede in die lig van daardie vraag. Waarin stel jy nou eintlik jou vertroue: in goed wat ewigdurend is of nie? Beproewings, terugslae en swaarkry kan jou nie maak of breek nie. Kies om jou oë op groter dinge te vestig.
  2. Word my hoop bepaal deur my probleme of God se beloftes?
    Stel jy jou hoop daarin dat jou probleme gaan verdwyn of in die langtermyn planne van God? Het jy groot probleme en ʼn klein God of ʼn groot God en klein probleme? Jy kan kies hoe jy daarna kyk. Jy kan óf op die probleem óf op die belofte fokus, maar nie al twee tegelyk nie. Mens kan inderdaad kies om vol hoop te lewe.
  3. Is my primêre motivering om Christus lief te hê of bloot om verligting te kry?
    Dit is nie altyd maklik om hierdie vraag eerlik te antwoord nie. Maar wanneer ek kyk na al die gelowiges reg oor die wêreld wat die Here aanhou dien ten spyte van swaarky, sien ek beelde van ware liefde. Hulle is bereid om swaarkry deur te maak vir die Een wat sy lewe vir hulle opgeoffer het.

Onthou die volgende drie woorde, wat die kern van die drie vrae vorm, wanneer jy begin moed verloor: geloof, hoop en liefde.

  1. Geloof anker jou gedagtes en gevoelens in die feit dat God in beheer is.
  2. Hoop herinner jou daaraan dat jy sy kind is en dat Hy ʼn plan en ʼn belofte vir jou het.
  3. Liefde draai jou fokus weg van die swaarkry na die voorreg om te ly as ʼn uitdrukking van jou toewyding aan God.

Oordink vandag hierdie bemoedigende woorde. Dit help ons om die ewige realiteite aan die ander kant van ons tydelike krisis raak te sien. As ons die Kuns van Oorlewing bemeester en toepas, oorleef ons nie net ons beproewings nie, ons word méér as oorwinnaars wat die lewenskroon ontvang.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Kuns van Oorlewing

In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hie...

More

Ons wil graag vir Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://livingontheedge.org/product/art-of-survival-book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid