Leesplan inligting

Die Kuns van OorlewingVoorbeeld

Die Kuns van Oorlewing

DAG 3 VAN 5

ʼn Hulpbron om Voor te Vra

Verbeel jou jy kry ʼn blanko tjek van God af – ʼn belofte van onbeperkte wysheid. Jy kan Hom vra waar om te woon, hoe om ʼn gesondheidskrisis te bestuur, wat om te doen as jy jou werk sou verloor of sommer net hoe om deur vandag te kom.

Daar is egter een voorwaarde. Jy moet jou vooraf daartoe verbind om die wyse raad wat Hy vir jou gee, te volg.

Vandag se Skrifgedeelte wys ons daarop dat hierdie voorwaarde tweeledig is:

  • Jy moet “glo” – jy moet na Hom toe gaan in geloof. Dit impliseer ʼn definitiewe versoek. Dit beteken ook jy moet al jou vertroue in Hom stel, in sy karakter en sy Woord. Jy moet jou ook daartoe verbind om te doen wat Hy vir jou wys om te doen.
  • Jy moenie “twyfel” nie – jy kan nie God se wysheid bloot as inligting beskou wat ingewin en dan oorweeg moet word nie. Jy moet sy wysheid in geloof ter harte neem en gehoorsaam, jy kan nie kies en keur as dit by God se raad kom nie. Dit is wat ʼn “dubbelhartige” mens doen en dan is dit ʼn “Ons kyk maar”-tipe gebed.

Wanneer ons ʼn laagtepunt bereik het, ons in ʼn desperate situasie bevind en nie weet watter kant toe nie dan beloof God om vir ons die wonderlike hulpbron van bonatuurlike wysheid te gee. Hy sal vir ons presies wys wat ons moet doen, hoe om dit te doen, wanneer om dit te doen en saam met wie ons dit moet doen solank as wat ons harte oop en ontvanklik is vir sy wysheid en ons bereid is om te doen wat Hy sê. Sy wysheid mag dalk nie wees wat ons graag wil hoor nie. Maar as ons ons vooraf daartoe verbind om dit na te volg, sal Hy dit mildelik aan ons gee.

Ontvang vandag die hulpbron wat God tot jou beskikking stel. Vra Hom vir wysheid en hou jou oë, ore en hart oop en ontvanklik daarvoor. Hy sal jou nie teleurstel nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Kuns van Oorlewing

In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hie...

More

Ons wil graag vir Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://livingontheedge.org/product/art-of-survival-book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid