Leesplan inligting

Die Kuns van OorlewingVoorbeeld

Die Kuns van Oorlewing

DAG 1 VAN 5

ʼn Rede tot Blydskap

Ons lewe in moeilike tye. Reg oor die wêreld gaan mense deur beproewings en swaarkry. Miskien bevind jy jou tans ook te midde van ʼn krisis.

Dit maak nie saak hoe lank jy al ʼn Christen is nie, dalk wonder jy ook hoekom jou geloof tot die uiterste toe getoets word; miskien twyfel jy of jou geloof ooit die toets gaan kan deurstaan.

Ons weet reeds dat ons almal geroep is om meer as oorwinnaars te wees in Christus. Sommige mense se grootste vraagstuk is egter nie hoe om te oorwin nie, maar bloot hoe om te oorleef.

Die boek Jakobus is geskryf om die vroeë Kerk, wat op daardie tydstip baie swaargekry het, te help. Dit is ʼn brief wat deur Jesus se halfbroer geskryf is aan gelowiges wat uitgemaakgedryf en ontwrig is deur vervolging. Nes baie ander mense van vandag het hulle pyn en lyding deurgemaak en moes hulle leer hoe om moeilike tye die hoof te bied.

Ek noem Jakobus se lering die Kuns van Oorlewing.

Hy leer ons om die regte ingesteldheid te kweek, om te vra vir ʼn bonatuurlike hulpbron en gee vir ons ʼn nuwe teologie om te glo.

Wanneer ons daardie ingesteldheid gekweek het, daardie hulpbron bekom het en geleer het om dinge vanuit die regte perspektief te beskou, kan ons enige uitdaging vol vertroue aanpak.

Voordat ons egter verdiep raak in Jakobus se lering moet ons eers ons geheue verfris aangaande die volgende paar waarhede.

Beproewings is onafwendbaar.

In hierdie sondige wêreld is swaarkry ʼn gegewe (lees 1 Petrus 4:12 en 2 Timoteus 3:12). Ons kan swaarkry egter oorkom deur God se genade (Johannes 16:33).

Beproewings maak of breek ons.

Die Bybel is vol verhale van karakters wat te midde van hulle moeilikste tye geloof gekies het en ander wat weer ingegee op opgegee het. Swaarkry dryf mense óf na God toe óf weg van Hom af.

Dié wat vashaak by die vraag van hoekom bly vasgevang in hulle pyn.

Dit is net menslik om “hoekom”-vrae te vra, maar slagoffers beweeg nooit daarby verby nie. Om jou volle vertroue in God te stel, is die eerste tree na oorwinning.

Kom ons kry God se beloftes beet oor die volgende paar dae en weier om vas te val! In die boek Jakobus openbaar God aan ons stappe wat prakties, kragtig en lewensveranderend is. Dit gee vir ons alles wat ons nodig het om onwrikbaar geanker te bly in die ewigheid ten spyte van die wêreld se wispelturigheid. Kom ons kyk nou na die Kuns van Oorlewing.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Kuns van Oorlewing

In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hie...

More

Ons wil graag vir Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://livingontheedge.org/product/art-of-survival-book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid