Leesplan inligting

Bekommernis oor NiksVoorbeeld

Worry for Nothing

DAG 3 VAN 3

Lewe Kommervry


Ons het saam ontdek dat bekommernis nie die goeie is wat God vir ons wil gee nie. Ons het ook vasgestel dat die teenmiddel vir bekommernis gebed is, wat weer vrede voortbring.


Hoe kan ons egter bekommernis in die kiem smoor — voordat dit van ons besit neem?


Ek glo die antwoord hierop is om 'n lewe van vrede aan te leer.


Die Bybel sê dit in Romeine 12:18:


"As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense."


Almal. Dit sluit onsself ook in!


Indien ons in 'n stryd met ander of met onsself gewikkel is, sal ons baie hê om oor bekommerd te wees. Indien ons 'n lewe van vrede aanleer, sal ons 'n beter kans staan om 'n kommervrye lewe te lei.


Wysheid speel 'n baie belangrike rol in 'n lewe van vrede.


  • Begin spaar in plaas daarvan om eindeloos te spandeer. Dan sal jy in jou finansies vrede hê.

  • Daag 10 minute vroeër op by jou werk, in plaas daarvan om elke dag 10 minute laat op te daag. Dan sal jy vrede begin ervaar omdat jy besig is om 'n goeie reputasie in jou werksplek te bou.

  • Staan vroeër op in plaas daarvan om jouself laat uit die bed uit te sleep sodat jy aan die begin van jou dag tyd met God kan deurbring. Dan sal jy vrede geniet in die wete dat jy vir die dag gereed is.

Jy kan wyse optrede soos hierdie voorbeelde in alle areas van jou lewe toepas. Om in geregtigheid te lewe is nie net 'n "goeie idee" nie, dit word in die Skrif aangemoedig, want dit bring vrede in ons lewens.


Vriende, die goeie nuus oor die vrede van God, is dat dit nie gesteur kan word nie. Dit is 'n gawe wat deur die grootste Gewer van gawes geskenk word.


Johannes 14:27 sê die volgende:


“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”


Leer om 'n lewe van vrede te lei.


Lewe in geregtigheid.


Lewe in wysheid.


Dit is die bestanddele van 'n kommervrye lewe.


Volgende Stappe


Laastens, memoriseer Johannes 14:27.


Wanneer kommer aan jou deur kom klop, onthou dat God aan jou die gawe van vrede geskenk het, en dit is 'n gawe wat nie van jou af weggeneem kan word nie.


Vir nog leesplanne deur CBN Europe, of om meer oor die bediening uit te vind, klik asseblief
hier.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Worry for Nothing

Bekommernis is 'n dief wat ons tyd, energie en vrede steel. Waarom bekommer ons ons dan? In hierdie 3-dag leesplan, gaan ons na bekommernis kyk, waarom ons ons bekommer en hoe ons daarmee kan ophou.

Ons wil graag CBN Europe bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cbneurope.com/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid