Leesplan inligting

Bekommernis oor NiksVoorbeeld

Worry for Nothing

DAG 2 VAN 3

Oorkom Bekommernis


Jesus los ons nie alleen in ons bekommernis nie. Hy het geweet dat ons daarvoor te staan sal kom en het vir ons 'n proses gegee om te volg wanneer dit in ons lewens opdaag. Ons is nie hulpeloos agtergelaat nie. Daar is groot wysheid in die Bybel vir oomblikke van bekommernis.


Raak stil en lees Filippense 4:6-7.


Hoe wonderlik! Ons het letterlik 'n formule teen bekommernis wat in die Skrif opgeteken is!


Bekommernis + Gebed (Behoefte + Danksegging) = Vrede.


Wanneer die rekening kom — bid. Dank God vir jou inkomste en alles wat Hy alreeds in jou finansiële lewe gedoen het.


Wanneer die persoon nog steeds nie tuis is nie — bid. Dank God vir die verhouding en die liefde wat julle deel.


Op jou kind se eerste dag by die kleuterskool — bid. Dank God vir die gawe om 'n kind te hê en die voorsiening van 'n kleuterskool.


Wanneer jy klaar gebid en Hom gedank het en jou behoeftes aan Hom opgedra het, laat dan die vrede wat net God kan voorsien oor jou spoel.


Dit vind dalk nie onmiddellik plaas nie, jy mag dalk meer moet bid, maar dit sal gebeur. God het dit belowe.


Dit kan 'n versoeking wees om na die telefoon te gryp wanneer ons bekommerd is, of om ons bekommernis met 'n ander persoon te deel. Daar is egter 'n tyd en plek hiervoor. Die beste manier om bekommernis te oorkom, is om eerste na God toe te gaan. Dit eer en seën Hom nie net nie, maar dit verhoed ons om nog meer bekommerd te word.


God gee om, vriende. Hy wil hê dat ons na Hom toe moet kom en nie in die eindelose ruimte van bekommernis moet rondhang nie (lees 1 Petrus 5:7).


Die wonderlike ding van hierdie vergelyking wat ons in die Skrif ontdek het, is dat ons dit enige plek of tyd kan toepas. Wanneer ons geloof op 'n verhouding gegrond is, nie 'n godsdiens nie, weet ons enige tyd wanneer bekommernis opduik, het ons deur gebed toegang tot God.


Bekommernis + Gebed (Behoeftes + Dankbaarheid) = Vrede.


Moenie toelaat dat die vyand jou daaglikse vreugde steel nie. Neem jou sorge na Jesus toe en laat Hom toe om jou met vrede te vul.


Volgende Stappe


Net soos met die eerste dag, gaan ons 'n sleutelvers uit die Bybel memoriseer om ons te help om bekommernis te bekamp.


Lees Filippense 4:6-7. Hou hiermee vol totdat dit oorbekend raak.


Wanneer jy nou kommer ervaar, het jy 'n keuse van verse om jou in daardie oomblik te help.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Worry for Nothing

Bekommernis is 'n dief wat ons tyd, energie en vrede steel. Waarom bekommer ons ons dan? In hierdie 3-dag leesplan, gaan ons na bekommernis kyk, waarom ons ons bekommer en hoe ons daarmee kan ophou.

Ons wil graag CBN Europe bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cbneurope.com/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid